Tuesday, May 29, 2007

Genoeg is genoeg!



Nee, dis nou sommer nonsens die. Mense pleit dat ons moet vegetariërs word, want dis wreed om diere te eet. Die arme goed (diere) hou nie daarvan nie.
Maar niemand gee om vir seediere nie (sommige gee wel om vir dolfyne, wat blykbaar die IK van goudvisse het* en walvissie). Eet maar daai seekossies, mossels het nie gevoelens nie. Jy sal selfs kan vis eet in die hemel!

Genoeg is genoeg, sê ek!

Vandag is dus die amptelike stigtersdag van S.U.S.H.I. (Seedier Uitwissing Stop HIer**).
Staan op vir seediertjieregte! Seediere het ook siele!
My vissies het persoonlikheid!***

* baie min.
** dankie fredddddels
*** gehad, voordat hulle gevrek het.

9 Comments:

At 3:17 PM, Anonymous Anonymous said...

Ek het net vanmiddag sushi geEet, so ek sal nou nie vandag al jou organisasie kan join nie.

 
At 4:29 PM, Anonymous Anonymous said...

As ek jou organisasie moet join, sal ek vrek van die honger hier in die Ooste!

Sorry!

:)

 
At 10:00 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek love sushi, met genoeg wasabi.

My nuwe gunsteling veg grappie:

If you're a vegetarian to be nice to animals, why are you eating their food?

 
At 11:27 AM, Anonymous Anonymous said...

Visse word nie in fabrieksplase aangehou nie.

Mossels het nie 'n sentrale senuweestelsel nie, en kan dus nie pyn voel nie.

 
At 11:56 AM, Blogger maeree said...

rus, gaan kyk hier

 
At 12:03 PM, Blogger Freddy said...

En ek het 2 weke terug vir die eerste keer sushi geeet. Jammer, visse, maar ek gaan nie nou ophou nie.

 
At 2:11 PM, Blogger dorothy said...

maeree - you veggie i take it?

 
At 2:26 PM, Blogger maeree said...

idiwidi, boer... so, julle sal kies om voort te bestaan op die bloed van ander? mens moet bereid wees om te sterf vir wat reg is! [insert hero music here]

zuit - lol

zuit, fredddels - ek love ook sushi (plus wasabi, wat soos 'n motorfietsvervaardiger se naam klink), maar ek geniet die vegetariese soort.

dorothy - nope, just funny. maar ek eet nie seekos nie. can't stand the stuff.

 
At 11:18 AM, Anonymous Anonymous said...

Oukei, ek sal nie meer vis eet nie

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za