Monday, May 28, 2007

Lesse uit Sentraal


By hierdie tannie het ek die Afrikaanse woord "naaier" geleer. Ek het die werkwoord geken, maar nie geweet van die skelwoord nie.
Bedags pas sy karre op.
Laatmiddag hou sy court op die sypaadjie.
Wanneer dit donker word, hang sy oor mense se heinings en kyk fliek deur hul vensters.
Ek weet nie waar sy woon nie, maar ek is seker sy regeer daar ook.

10 Comments:

At 4:20 PM, Anonymous Anonymous said...

Haar skoene laat dit lyk of sy 'n kranige drawwer is.

 
At 3:52 AM, Blogger Lammervanger said...

Sy sal jou opnaai. Dit is 'n werkwoord wat 'n verdraaiing van die oorspronklike werkwoord is...

 
At 5:01 AM, Blogger amanda said...

is dit nou sentraal soos in PE? Memories....

 
At 10:11 AM, Anonymous Anonymous said...

Bloot "naai" kan ook 'n skeldwoord wees, soos in "Jy's 'n naai!" of "Jou naai!"

 
At 11:59 AM, Anonymous Anonymous said...

"naaiers" is ook nie noodwendig 'n skelwoord nie. Dit kan 'n aanspreekvorm tussen (mans-?) vriende ook wees:

Vriend 1: "Hey, kom ons gaan Fin toe!"
Vriend 2: "Ag f@$%off Prof, ons swot nou. Nie almal swot Mickey Mouse kursusse soos jy nie."
Vriend 1: "Komaan, jy kan more weer swot. Kom nou julle naaiers!"
Vriend 2&3: "Ag ok, maar net vir 1 bier."

 
At 1:17 PM, Blogger Oppietrap said...

Kyk die verskil in skoene van hierdie post teenoor Vrydag s'n. Ek besef skielik, you are what you wear. En ek vermoed nogal dat jy heelwaarskynlik meer by hierdie antie oor die lewe sal kan leer as by die met hulle kortgeknipte tone.

 
At 1:55 PM, Blogger maeree said...

dankie lammervanger, rus en zuit vir die taalles.

oppietrap, ek stem heelhartig met jou saam (oor die tannie, nie noodwendig u r what u wear nie). ek hou van hierdie antie.

 
At 2:42 PM, Blogger Christine said...

Behalwe vir die voorbeelde van naai as Werkwoord, Skeldwoord en Aanspreekvorm, is daar ook (uit Wilgenhof, en in die Sentraal-tannie se aksent) naai as Vraag (of Voorstel?):

Ken jy vir Lap?
Lap Naai.

 
At 7:29 AM, Anonymous Anonymous said...

Dalk was daai Sentraal tannie in Wilgenhof! Dit sal haar wysheid verklaar. Ek kry net al hoe meer en meer resprek vir haar.

 
At 9:53 AM, Anonymous Anonymous said...

Haar skoene is seker naai-kies...

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za