Thursday, July 05, 2007

Die kwessie van Lily weer besoek.

Met die huweliksherdenking minder as 48 uur weg, dink ek dis 'n goeie tyd om weer te gesels oor Lily. (Vir diegene wat nie die sage van Lily ken nie - en ouer as 18 is - gaan kyk hier, hier en hier.)

Lily is wonderlik. Sy is beeldskoon, sag en pienk met pragtige kurwes. En in die hand van die Hoof van die Huis is sy 'n sleutel tot ongebreidelde ekstase. Maar in my eie hand is sy ongelukkig niks meer as wat my eie hand ook is nie.

Lank lank gelede het ek en 'n vriendin in ons maagdelike onskuld gewonder hoe seks ooit bevredigend kan wees vir 'n vrou. "Omdat mans strepies is, nie bogies nie", het my vriendin nog gewonder. Intussen het ek (tot my oneindige vreugde en plesier) uitgevind dat mans tegelykertyd strepies én bogies kan wees. En dis die ongeluk met Lily... sy's net 'n bogie.

Vir my volgende verjaardag wil ek dus Lily se ousus, Iris, hê.
En vir die verjaardag daarna (of vroeër, maak nie saak nie) hoop ek vir Gigi.

Now you know.

9 Comments:

At 8:38 AM, Blogger Oppietrap said...

Ek sou sommer van die begin vir Gigi gegaan het. Selfs die naam suggereer giggel. Nee wat girl, niks kom by 'n Rabbit nie. Daai haasoortjies...
Is dit nie snaaks dat in 'n man se hand dieselfde hasie ander deuntjies vir jou sing as in jou eie hand. (Wie sal vir Mary Daly laat weet sy was verkeerd?)

 
At 9:35 AM, Anonymous Anonymous said...

Gigi? Good grief, daar was 'n musiekfliek met die naam Gigi van 'n baie onskuldige meisietjietjie.

Miskien moet julle 'n blogdual begin dat ons kan sien wie is nou die beste? Inge from Sweden in die een hoek en Antjie Somers in die ander.

Gits, Maeree, dat jy nou so dolfynvriendelik is. In elk geval, dit was 'n baie leersame post.

 
At 9:55 AM, Blogger Oppietrap said...

Les nommer 1, George: Moet jou nooit misgis met baie onskuldige meisietjietjie's nie. Ek vermoed daar was 'n tyd dat mense dit van my ook gese het. En dalk nogsteeds van Maeree se.

 
At 2:59 PM, Blogger Daniël said...

Hi,

Ek het toevallig op hierdie blog afgekom, en ek geniet dit nogal om als te lees, ek moet se ek verstaan nie regtig hierdie laaste post nie. Ek soek ook tevergeefs vir 'n profile van die blog skrywer. Kan iemand dalk help?

Ps. My blog
www.complicationofmymind.blogspot.com

 
At 6:40 PM, Anonymous Anonymous said...

Daniel, "tevergeefs" is die korrekte woord. Ek lees al baie langer as jy hier, en glo my maar, dit sal tevergeefs bly.

 
At 10:26 AM, Anonymous Anonymous said...

Die internettegnikus wat aan ons kabels kom werk het, het nou net die skok van sy lewe gekry. Ek was besig was om Lily se susters te besigtig toe hy skielik oor my skouer loer. Hy het hard gesluk en vinnig omgedraai.

Iris is my keuse.

 
At 11:23 AM, Blogger maeree said...

oppietrap, daai hasie is net vir my so lelik. en mense dink inderdaad ek is onskuldig, maar dis omdat ek onskuldig ís.

geroge, plesier.

hallo daniël. welkom. ek het eers gedink jy maak 'n grappie, maar nou besef ek jy het regtig nie verstaan nie. ek sal prentjies teken, as jy wil.

as jy op my naam kliek hier by die comments, sal jy my profiel sien. so wê, zuit.

idiwidi - lol.

 
At 9:05 PM, Blogger arcadia said...

ek pik 'n traantjie weg, ou maeree. better luck next time :-p

 
At 9:50 AM, Blogger maeree said...

arcadia, welkom terug! dis darem nie so erg nie. my hande kan wondere verrig.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za