Tuesday, July 03, 2007

Incredible how u can... c right through me!

So sit ek in Grahamstad by 'n tafeltjie en eet die heerlike bord kos wat ek by die maer, pimply seuns van die Hare Krishna-stalletjie gekoop het.
Ander mense kom sit ook by my tafeltjie, maar ignoreer my.
Daar word by die mense voor my, langs my, agter my gebedel, maar nie by my nie (ek gee nie om nie).
Die een mens na die ander kom deel "asseblief-kom-kyk-ons-show" pamflette uit aan al wat leef en beef - maar nie aan my nie.
Die Hare Krishna wat die kort strooitjie getrek het, probeer hul literatuur aan al wat asem haal verkoop, maar kyk by my verby.

Die Hoof van die Huis kom terug van sy (uiters produktiewe) rondte deur die voedselstalletjies. Ek vertel hom van die vreemde fenomeen waar almal my ignoreer.Sy reaksie is om homself half simpel te lag en te besluit dat ek onsigbaar is.

Net daarna - ek lieg nie, onmiddelik daarna - kom nog iemand verby, leuen bo-oor my en gee vir die Hoof van die Huis 'n hand vol pamflette.


In die reeks wat ek besig is om te lees, het hekse die vermoƫ om hulself onsigbaar te maak. Hulle verdwyn nie, hulle ont-fokus hulself net. Mense sien hulle, maar registreer nie dat hulle iemand gesien het nie. Tiffany Aching doen iets soortgelyks.


Dit is dus moontlik dat my onsigbaarheid 'n vreemde oorblyfsel van my Wiccan dae is.


Ongelukkig weet ek wat die ware rede is, en dit baie meer sinister* as blote heksery.

*Dis in die HAT. Ek't gekyk.

9 Comments:

At 2:26 PM, Anonymous Anonymous said...

Dalk lyk dit nie of jy iets nodig het nie.

 
At 4:22 PM, Blogger Oppietrap said...

'n Mens kan nie eintlik die Hoof van die Huis miskyk nie. En mind you, dis nie juis 'n kuns om jou mis te kyk nie. (Jy weet nou wat ek bedoel).
Dankie vir die lekker kuier van nou-die-aand. Dit was soos tuiskoms.

 
At 5:04 PM, Anonymous Anonymous said...

AHA! Iemand wat vir maeree in real life ken. As ek nou net geweet het wie Oppietrap is... Niks nader aan die oplossing vir die geheim nie.

 
At 6:08 AM, Anonymous Anonymous said...

As jy die ware rede ken, deel dit met ons!

 
At 8:49 AM, Blogger Oppietrap said...

Hey Maeree, het jy een van jou heksebrousel opgetower dat almal skielik infatuated is met wie jy in real life is. (Ek herinner my mos dat daar 'n maand of wat gelede 'n post van jou was met sulke botteltjie-goete was wat mens kon koop). Viva heksery!

 
At 9:36 AM, Blogger Adam said...

Ek het net in die week 'n towerspel vir onsigbaarheid raakgelees, en hulle beskryf presies daardie ont-fokus ding waarvan jy praat. Dis asof hulle net wegsmelt in die agtergrond...

 
At 1:08 PM, Blogger maeree said...

george! dankie! dalk is dit die rede.

oppietrap, dit was heerlik om weer 'n slaggie saam met jou te kuier. en aangesien jy so aangehou het oor die hoof van die huis wat so sexy lyk (toemaar, ek gee nie om nie... ek weet hy lyk sexy) sal jy verstaan dat die persoon wat bo-oor my geleuen het, 'n jonge dame was. sy wou seker net maar naby aan hom kom. shame.

zuit, ons kan sien jy's 'n rocket scientist en nie 'n joernalis nie.

idiwidi, daar is sekere mense wat ons eenvoudig miskyk. ons wil hulle nie sien nie, want hulle lyk nie soos ons dink hulle veronderstel is om te lyk nie.

adam, laat weet of dit werk. (as ek na jou blog kyk, moet ek bieg: dit lyk wel asof dit gewerk het.)

 
At 10:52 AM, Blogger Adam said...

ek pleit skuldig...

 
At 1:15 PM, Blogger Nico said...

Ek wens soms ek was onsigbaar. Onderwyser wees is mos amper soos om 'n celeb te wees...

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za