Thursday, July 19, 2007

Inter-blog skakeling

Ek gaan die naweek by Freddy speel. Miskien fliek ons saam.

Vir diegene wat nou onmiddelik op hul perdjie spring en brom omdat ek nog altyd weier om met hulle te kuier, dis eenvoudig: Freddy betaal my. Easy peasy.

17 Comments:

At 12:03 PM, Anonymous Anonymous said...

Wel, in daardie geval, waarvoor vat jy alles betaling? En wat is jou pryse?

 
At 12:12 PM, Blogger maeree said...

Reiskoste @ R1.50/km. Die res is diskresionêr.

 
At 12:31 PM, Blogger Freddy said...

Nou weet ek ook.

 
At 1:29 PM, Blogger Oppietrap said...

Freddy, het juis met die kollegas se 2008-beplanning besluit ons wil jou nooi. (En as Maeree goed was, dan laat weet jy ons, dan nooi ons haar ook sommer.) Kry asb by haar my regte-egte epos, want ek sal graag met jou wil kontak maak, sodat jy hier by ons ook kan kom speel.

 
At 3:22 PM, Anonymous Anonymous said...

Wat behels die 'speel' presies?

 
At 8:35 AM, Anonymous Anonymous said...

idiwidi, lyk my dis diskresionêr. M.a.w. waarvoor jy ook al bereid is om voor te betaal.

 
At 10:37 AM, Blogger Freddy said...

Oulike woord. "Diskresionêr"

Zuit, sê tog asb nou vir my, dat ek vir eens en vir altyd kan weet, hoe tik ek 'n flippen "ê" met hierdie lêptop van my, sonder dat ek eers die "ê" eers in word moet gaan copy? Dit lê my lam en ek kry nie my sê gesê nie.

 
At 11:03 AM, Anonymous Anonymous said...

Freddy, op 'n gewone sleutelbord is dit so eenvoudig soos om NumLock aan te sit, en dan Alt in te hou terwyl jy 136 op die syfers heel regs tik (die die bo die letters nie, die by die pyltjies, m.a.w. die numeric keypad). Laptops het gewoonlik nie 'n apparte num keypad nie, maar dis gewoonlik weg gesteek tussen die letters. As jy mooi kyk sal jy erens by g,h og j rond syfers ook op die sleutels sien. Jy gebruik dit deur 'n spesiale sleutel (gewoonlik iets soos Fn, of Sp, of so iets; behoort links naby Ctrl en Shift te wees) in te hou om daardie sleutels die num pad te maak. Sorg net eers dat num lock aan is.

As dit nie duidelik is nie, jammer, maar dis nogal moeilik om te verduidelik sonder ten minste prentjies.

As jy regkom, hier is nog 'n paar nuttiges:
ALT-137 : ë
ALT-139 : ï
ALT-147 : ô
ALT-148 : ö

 
At 12:30 PM, Anonymous Anonymous said...

Moet net so woes met Freddy speel dat julle kinders maak nie, want in elke blog comment wat ek deesdae van Freddy lees, vind ek uit hy het nog kinders waarvan ek nie geweet het nie. Enough already, Freddy.

 
At 1:17 PM, Anonymous Anonymous said...

O ja, jammer dat ek die post so misbruik met my comment, maar ek kan nie 'n vraag aan my gerig uitlos nie. Ek antwoord selfs gereeld retoriese vrae.

 
At 3:36 PM, Anonymous Anonymous said...

♪☼é ☺ {☼ ç ♪ ◙ â ä ♪

Ag nee, PZ. Amper soen ek jou nou toe jy die post vir so 'n barmhartige rede misbruik. Maar, dis toe nie so maklik soos ek gehoop het nie. Ek kan nou tekentjies maak, maar ek weet nie die kodes nie - dit stem nie ooreen met die gewone Alt136 ens nie.

 
At 12:36 PM, Blogger Oppietrap said...

En toe Maeree, hoe was die gespelery saam met Freddels?

 
At 4:39 PM, Blogger maeree said...

idiwidi, die hoof van die huis en freddie se vrou was ook daar. so die speel was of baie stout, of nie. (dis ook die antwoord op bertus! se kommentaar)

ek is 'n life coach. ek sê vir ryk mense wat hulle moet doen, hoe, wanneer en met wie. ek probeer ook life skills oordra.

zuit, jou filantroop jy! persoonlik dink ek dis makliker om eenvoudig jou keyboard se taal na "united states international" te verander. dan gebeur die kappes en strepies vanself.

 
At 4:41 PM, Blogger maeree said...

o ja, ek en freddy het lekker gespeel. dankie freddels.

 
At 4:46 PM, Blogger Freddy said...

Dit was lekker. Vir die wat wil weet, Maeree is betaal vir twee keer.

 
At 4:48 PM, Blogger Freddy said...

Oja, dankie, Zuit.

 
At 8:55 PM, Anonymous Anonymous said...

maeree, goieie punt. Maar ek haat dit om twee keer die " of ' te moet druk om 'n " of ' te kry (soos met 'n international keyboard layout). Veral omdat ek maar meestal in Engels tik, en dan pla dit nogal baie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za