Thursday, November 02, 2006

Afrikanerbond

Ek weet regtig nie hoe om te reageer as 'n broeder trots vir my vertel dat hy lid is van die Afrikanerbond (néé Broederbond) nie. Is dit nou ewe skielik 'n goeie ding? Moet ek nou dat hulle 'n website het, hulle nie meer verag nie? Het ek werklik enige goeie rede om hulle wel te verag?

7 Comments:

At 9:32 AM, Anonymous Anonymous said...

Die logo laat my nogal dink aan daardie piramiede met die oog. Is dit nie die illuminatie en/of vrymesselaars se logo nie?

 
At 10:06 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek het so rukkie terug ook afgekom op hulle website, en ek het die storie uitgekyk. Dit was puzzling. Skielik is die Broederbond hervorm tot 'n quasi-liberale organisasie vir die belange van alle Suid-Afrikaners? Ek weet nie so mooi nie. Ons sal maar sien.

 
At 10:34 AM, Blogger arcadia said...

fishy.

 
At 12:53 PM, Blogger Do Kwang said...

Ek het onlangs hul jeugverteenwoordiger ontmoet en hy was omtrent 60. Hoewel ek moet byvoeg, ek dink hulle is redelik skadeloos deesdae - reel gespreksaande en sulke goed. Ek dink nie hulle het meer veel invloed nie.

 
At 11:23 PM, Blogger Lammervanger said...

Dit is soos om na Orania-verteenwoordigers te luister wat se dat hulle nie hulle staat op rassisme bou nie, maar nie-blankes mag nie daar bly nie. Loop kyk na die websites. Dis altyd akademici wat in beheer is. Profs en doktore weet altyd wat die beste is want hulle is die slimste.

 
At 6:33 AM, Blogger Freddy said...

As ek dit nie mishet nie, is van jou alma mater la-a-a-ankal kranige lede. Nie die Maerees nie, maar die Joeseephs

 
At 12:14 PM, Blogger maeree said...

wie? wie? sies, vertel nog.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za