Happy un-birthday to me!

Hier is een van die eerste foto's wat ek met my nuwe kamera geneem het:
"Some people are heroes. And some people jot down notes." Terry Pratchett - The Truth
Wanneer jy iemand op 'n selfoon skakel en jy ontdek dis die verkeerde nommer, vra om verskoning en sit die telefoon neer. Jy mag dan nog een keer weer die verkeerde nommer skakel, net om seker te maak jy't nie dalk die knoppies verkeerd gedruk nie. Maar jy mag nie nog veertig keer dieselfde nommer skakel nie.
Sug. So word ek gefolter.
Ek gaan voortaan probeer om nie skuldig te voel oor goed wat ander mense my aandoen nie. Dis dieselfde siek sindroom wat veroorsaak dat mense wat verkragting oorleef, dink dit was op 'n manier hulle skuld. Of hoekom mishandelde vroue dink hulle verdien dit.
Is ek al mens op hierdie aarde wie se ma haar geleer het om mense nie voor 9:00 in die oggend te bel nie?
Die dominee het vandag gepreek oor Jesaja 6 en verwys na die serafs wat hul voete bedek. Voete, sê hy, is 'n metafoor vir geslagsdele.