Brain besig om oor die Skrif te mediteer Onder leiding van
Willem Nicol kon ek verlede week weer vir 'n paar dae fokus op die kontemplatiewe* Christelike tradisie. Tussen lang stiltes deur het ons geleer van Skrifmeditasie en
Lectio Divina, die sogenaamde "Gebed van die Hart" (ook bekend as "
Centering Prayer"), die "
Daaglikse Bewussein" van St Ignatius en die "
Jesus Gebed" (wat binne die Ortodokse tradisie natuurlik deel is van die Gebed van die Hart).
Een van my dominee-vriende (nie
freddy nie) het my eendag daarvan beskuldig dat ek
paninteïsties is. Ek weet nie lekker wat dit beteken nie, maar as dit beteken dat ek glo God is in alles (hoewel alles nie God is nie), dan dink ek dis 'n kompliment. Dit beteken ook dat ek mooi gereformeerd is volgens die
Nederlandse Geloofsbelydenis se algemene genade.
Ewenwel, die retrait was vir my 'n bevestiging van my spiritualiteit, waarin die kontemplatiewe tradisie natuurlik 'n belangrike rol speel. Ek kan egter nie die invloed van die
keltiese tradisie onderskat nie. Van die heiligste oomblikke was terwyl ons in die veld rondgery het, terwyl ek gekuier het met mense vir wie ek lief is.
God is inderdaad in die stilte. God is ook in die renosters. En in die vriende.
* Ja, ja. Check the worry in my eye.