Thursday, August 10, 2006

Have Internet. Will Fight The Good Fight.

Het jy geweet dat Handelinge 2:38* "Satan's favourite Bible verse" is?
Ek wens ek kan die persoon ontmoet wat die Amerikaanse Southern Baptists vertel het hoe om 'n website te bou. Sal graag sy** hand wil skud. Sommer hard.

* Handelinge 2:38, vir diegene wat nie 'n Bybel besit nie:
Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

** natuurlik was dit 'n hy.

Disclaimer: Ek het nie die gelinkte artikel gelees nie. 'n Goeie titel is meer werd as enige artikel.

11 Comments:

At 5:47 PM, Blogger Do Kwang said...

Ek snap dit glad nie. Glad nie. Hoekom sou Satan van daai versie hou?

 
At 10:18 PM, Blogger Freddy said...

Nou, as jy dan nie die artikel gelees het nie, hoe weet ons dit is regtig HAAR favorite versie?

 
At 10:22 AM, Blogger PienkZuit said...

Huh? Ek is nou deurmekaar. Die artikel sê dat mense wat glo jy moet gedoop word om gered te word is verkeerd. M.a.w. mense wat sê geloof alleen is nie genoeg nie, doop is ook 'n moet is verkeerd.

Stem jy nie daarmee saam nie? Ek is nou bietjie in die war. Wat het die Southern Baptists te doen hiermee?

 
At 11:04 PM, Blogger Freddy said...

Ja, ag tu, Maeree, ons het ok nie lus om die artikel te lees nie.

Reken die Suidelike Onderdompelaars die Satan gebruik die versie om mense te laat glo hulle is OK omdat hulle gedoop is?

Waarskynlik verwys hulle dan na die feit dat gedroogte gedoopte beskuit ok nie hemel toe gaan nie.

Ag ma lees jy die artikel. ONS WIL NIE.

Ek dink eerder haar gunstelingvers is Psalm 137:9.

"Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen 'n rots." Klink darem te erg.

 
At 11:05 PM, Blogger Freddy said...

Skuus, ag ek sien zuit het gaan lees. I'll speak 4 myself.

 
At 10:28 AM, Blogger maeree said...

do kwam, ek glo pienk zuit het jou vraag beantwoord. op een vlak ten minste.

freddy, gelukkig vir jou glo ek dat gelyke regte beteken ons moet ook die slegte aanvaar, soos om dit te face dat vrouens nie sulke noble creatures is as wat sommige mense wil voorgee nie. dus, as God 'n vrou is, kan satan seker ook 'n vrou wees (-;
ps 137:9! ek het dit nog nooit raakgelees nie. (dink jy dit was aspris?) maar daar's nogal baie sulkes in die bybel, né? dalk moet ons 'n kompetisie hou: wat is die duiwel se gunsteling bybelteks? (onthou jy wat ek vertel het van my vriend in nigerië wat sê een of ander psalm - kan nie onthou waffer een - is demonies!)

pienk zuit, natuurlik dink ek geloof alleen is genoeg (om die waarheid te sê, soms dink ek selfs genade alleen is genoeg, al is daar nie geloof nie). maar ek dink nie mense wat van my verskil, gaan hel toe of is van die duiwel besete nie.
ek glo ook dat jy nie mense oordeel (soos wat ek met die southern baptist gedoen het) nie, en dat jy mense moet liefgê (soos wat ek nie met theunis gedoen het nie).
ek repent dus van my negatiwiteit die afgelope week. sal volgende week probeer chirpie wees.

 
At 8:52 AM, Blogger PienkZuit said...

Ai tog. Dit gebeur altyd as ek dig is en nie verstaan nie: mense aanvaar my opvolgende vrae as sarkasme of as aanvallend (dit het dit nogal moeilik gemaak om vrae te vra in 'n klas :). Ek het net plain rerig nie verstaan wat jy bedoel nie. Miskien moes ek maar eerder ook nie die artikel glees het nie!

 
At 5:55 PM, Blogger maeree said...

o. ek het nie gedink jy's sarkasties of aanvallend nie. (ek was ook nie sarkasties of aanvallend nie, terloops). het sommer so op my eie begin skuldig voel. so ek repent steeds, of jy nou met my raas of nie (:

 
At 12:08 PM, Blogger dorothy said...

where are you??

 
At 8:01 AM, Blogger maeree said...

*hyg*hyg* werk

 
At 1:23 AM, Anonymous Anonymous said...

SMILE

Weary I am of this
False posturing,
O Judas who would kiss:
You have your king.

If he turns out a Satan
Go with him--
For I will base faith´s fate in
Seraphim

Or creatures heavenly
I seem to hear
Whisper, instructing me
To cast out fear.

Weary I am of you:
Your false conceit
Gives not: so you may do,
It is not sweet.

Did you love me, although
You may profess,
This war could not be--so,
Though words caress,

They strike me insincere:
An angel I´ll
Rather heed--banish´d fear--
Though you may smile.

.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za