Thursday, August 17, 2006

"It's my blog and I'll post what I want to"

(Dankie aan Dr. Lammervanger vir die idee - blameer hom.)

9 Comments:

At 3:13 PM, Blogger PienkZuit said...

Ok, hande op: Hoeveel van julle se matriektops het 'n soortgelyke prentjie op gehad? Dokter : Heidelberg het tog sekerlik so iets gehad. Prof, wat van Gim?

Ons sin gelukkig nie, maar dis eintlik 'n ander storie oor mense wat te snobisties was vir matriektops.

 
At 6:06 PM, Blogger maeree said...

ai, had ons maar so 'n prentjietjie. ons het 'n clip art bus gehad.

 
At 5:10 AM, Blogger Lammervanger said...

Ons het almal se name in ons kappie gehad. Groot hit gewees in my eerstejaar... Bliksem maar die chicks het baklei oor die ontwerp van die top.

 
At 4:51 PM, Blogger Freddy said...

Ons matriektop was ook nie so tops nie.

 
At 4:54 PM, Blogger Freddy said...

En verder, hoekom sou ons die ginekoloog wou blameer? Die roos is dan nie agter die outjie se rug nie.

En nou gaan ons gewone sterflinge tot Maandag moet wag om te sien of ons comments toegelaat is :-)

 
At 6:30 PM, Blogger Do Kwang said...

Ons matriektop het geruk - dit was 'n turtle neck in sagte skakerings van pastelgrys. Ek het myne tot onlangs nog gedra.

 
At 6:41 PM, Blogger maeree said...

freddy - ek fnuik jou en antwoord op 'n vrydag aand! *insert evil laugh here*
ek sien jy's 'n aanhanger van die filosofie wat s^e God is in die details.
omdat ek jou ken, is ek baie nuuskierig om te weet: hoekom het jy besluit die dr is 'n ginekoloog?
do kwang, ek het nogal vinnig opgehou om my matriek top te dra. daar was natuurlik die sakie van die clip art bus. maar daar was ook die irriterende eerstejaars wat gevra het: "was jy so lank terug in matriek?" respek vir jou selfbeeld wat die simpatieke kyke tot op dertigjarige ouderdom kon trotseer.

 
At 1:48 PM, Blogger Freddy said...

Haai, jinne, hoe sou jy nou weet dis ek? Jhenoewhin.

Ek het nie regtig BESLUIT hys ginekoloog nie... maar lammers is tog die kleintjies, so ons speel maar verder met die idee.

 
At 4:47 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek het nie 'n probleem met Freddy se idee nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za