Omdat ek omgee
Ek help graag mense. Selfs al vra hulle nie. Gevolglik deel ek met liefde die volgende goeie raad:
Gestel jy het gaste genooi vir ete - 'n dinner party met heerlike boheemse kos. (Nie 'n braai nie, jammer. Hierdie raad sal nie werk vir 'n braai nie. Tensy jy vis-sosaties op roosmaryn stokkies ala Jamie Oliver braai. Dan sal dit dalk werk.) Jy wil graag musiek speel. Dit moet die regte musiek wees wat vertel hoe kewl en boheems en interessant jy is. Maar prof het Buena Vista Social Club gaan staan en spoil. Wat moet jy doen? Jy glip heel nonchalant 'n CD van Mari Boine in die CD speler.

Daar is ook meer tradisionele vorme van Jojk beskikbaar. Maar dis slegs geskik as die party een van daardie geleenthede is wat rondom jou turkse waterpyp eindig (of begin).
2 Comments:
Op Kalahari te koop nogal! Klink interessant, miskien oortuig ek myself om dit aan te skaf vir die volgende dinner party.
As jy op Amazon gaan soek, kan jy dit eers luister.
Post a Comment
<< Home