Sunday, May 07, 2006

Favourite Movie Moment III

Fliek: Dogma
Toneel: Byna enige toneel uit hierdie freaky fliek. Kom ons sê die toneel heel aan die begin van die fliek, waar Loki op die lughawe met ’n non praat. Die gesprek eindig met haar wat sê dat Loki haar oortuig het: daar is nie ’n God nie. Bartleby vra vir Loki hoekom hy sulke goed doen, want hy wat Loki is, wéét dat daar ’n God is – hy het al persoonlik vir God gesien. Loki se antwoord? “I just like to fuck with the clergy.”
Ek is nie ’n aanhanger van die pop-teologie en Armenianisme wat voort sanik oor sogenaamde “free choice” nie. Ek glo nie daar bestaan so iets soos “free choice” nie. Wat hierdie fliek briljant maak – my “favourite movie moment” van hierdie fliek - is die engele se desperaatheid om terug te kom by God. Alles wat hulle doen, is net om Haar te please, om weer by God te kan wees – al het hulle nie ’n clue hoe om God gelukkig te maak nie.
En tot my skande moet ek erken: ek dink Jay en Silent Bob is snaaks.

Disclaimer: Ek beveel nie vir enigiemand aan om hierdie fliek te gaan kyk nie. Glad nie. As jy dit kyk, is dit op eie risiko. Moenie na die tyd by my kom kla nie. Ek het nie gesê jy moet dit kyk nie.

1 Comments:

At 2:56 PM, Blogger Do Kwang said...

Isaac Asimov Foundation. Hmn.
Vrye keuse is wiskundig gespore onmoontlik, dalk fisies ook. Beperkte hoeveelheid energie in die heelal, dus is geen aksie moontlik sonder 'n gelyke voorafgaande aksie uit die teenoorgestelde rigting wat dit veroorsaak en bepaal nie. Dit geld ook vir mense se denke - elke gedagte word bepaal deur 'n vaste stel omstandighede wat geen ander gedagte moontlik maak nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za