Yinyang blog
Op die briljante (dog pretensieuse) COI verwys die skrywer na ’n artikel waarin iemand sê bloggers moet die waarheid in die gesig staar: jy gaan nooit daardie novelle skryf nie.
Ek self het geen ambisies om ’n boek te skryf nie (behalwe miskien ’n pink boekie, alla Tannie Maretha). Tog het dit hierdie wonderlike inspirasie-partikel in my kop laat land: ek dink blog is die nuwe novelle. Op eg postmoderne wyse.
Weereens moet ek hier daarop wys dat ek nie veel weet van postmoderne letterkunde nie. My enigste ervaring daarvan is André Letoit se Suidpunt Jazz en iemand anders se Zappi en die kuns van postmoderne studentelewe.
Maar ’n blog is ’n totaal interaktiewe medium met ’n lewe van haar eie, wat groei, ontwikkel, vorm aanneem en soms selfs tragies sterf (gaan spandeer gerus ’n stil minuut by Appel se blog). Soos enige goeie novelle (of sepie) bevat dit gewoonlik intrige, ontknoping, selfs melodrama.
Ek sal nie so ver gaan as om te sê my blog het postmoderne novelle status nie. Daarvoor is daar te veel posts wat geen ander punt, nut of funksie het as gewoon die feit dat dit vir my heerlike plesier verskaf nie (soos bv hierdie een, wat my tone laat krul van lekkerkry).
Ek hou egter van die idee van die blog as die nuwe novelle. Dit laat my slim en erudiet (dankie prof) voel.
[Die prentjie is nie myne nie. Ek het dit gekry op die dikwels vermaaklike, soms pornografiese http://go.funpic.hu]
4 Comments:
Yanyang is offencive teen vrouens. Jy weet dit né?
Yes lovey, I know. Jy't al vantevore gesê. Maar hierdie is postmodern - dit beteken net wat ek wil hê dit moet beteken.
Besides, ek dink die katjies is cute.
Ag dankie vir die minuut waartydens jy aan die afsterwe van my blog dink. Ek beloof om weer eendag terug te wees, nadat ek nie meer verlief is nie.
In daardie geval hoop ek jy's nooit weer terug nie (so tragies soos wat dit vir die blogosfeer sal wees). Mens moet altyd verlief wees.
Post a Comment
<< Home