Tuesday, April 25, 2006

Laatnag Joernalisme

In my prulle jeug was daar diegene wat gedink het ek het potensiaal. So nooi hulle my (en 'n paar ander potensiëles) na Bloemfontein. Deel van die vermaak was 'n toer van Die Volksblad. Ons kon sien hoe 'n koerant gebore word.
En dit is die somtotaal van my kennis van joernalistiek. O ja, en die wyshede wat my broer, 'n eks-joernalis, kwytraak.
Maar het joernaliste nie sub-editors of iets of iemand wat goed proeflees voordat hulle dit op die voorblad van, sê bv, News24 sit nie?
Two 'cheating' wives murdered bassuin News24 se hoofberrig. En gaan dan voort om ons te vertel van 'n 34-jarige man (34, herhaal hulle, ingeval jy dit die eerste keer gemis het) en 'n vrou wat vermoor is.
Ek is nie van die soort wat dink my span verdien 'n boontjie elke keer as ek 'n fout raaksien nie. Ek verstaan van laat nagte, deadlines, multitasking. Maar ek was regtig onder die indruk dat iemand betaal word om seker te maak dat ek - die niksvermoedende publiek - nie die ressultate van laat nagte, deadlines en multitasking kan raaksien nie. Oh well.

1 Comments:

At 7:50 AM, Blogger rondloper said...

Jy moet versigtig trap hierso . . . Ons is 'n klomp oud-subredakteurs wat jou blog lees, daar is in elke subredakteur se lewe 'n nagmerrie van een of ander reuse-fout wat deurglip, soos die verkeerde prys op die voorblad, verkeerde datum, verkeerde opskrif met die naam van die voorsitter van Naspers verkeerd gespel ens. ens. Daar is net geen manier hoe mense kan keer dat sulke goed soms gebeur nie, dis deels vanwee die ongelooflike druk in 'n nagkantoor, en ook maar net menslik om foute te maak.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za