Tuesday, April 18, 2006

Egg Salad Sandwich

Ek besef hoe gevaarlik my odes aan naweke kan wees. Ek herinner myself aanmekaar aan die toneel uit The 40 Year Old Vigin waar hy sy naweek – en sy poging om ’n egg salad sandwich te maak – beskryf. Maar:

Ek het hierdie naweek:

Kerk toe gegaan (drie keer, want dit was Paasnaweek);
Gesauna* (twee keer);
Heerlike forel geëet;
In die stad rondgedrentel;
Heerlike gegeurde tee, met roosblare en moerbeie, gekoop;
Saam met mense van Libanon, Indië, Nigerië en Ghana gekuier;
Die See van Bothnia besoek (dis deel van die Baltiese see); ’n Gevriesde see gesien!
Piekniek gehou in die sneeu by die see.
Ninnies afgevries**.

*Die foto het, om voor die hand liggende redes, nie mense by nie.
**Aangesien niemand my nog kon antwoord oor die ninnies nie, en aangesien ek my ninnies afgevries het.

2 Comments:

At 2:56 PM, Blogger Do Kwang said...

Daai tweede foto van die wit landskap - het jy dit geneem? Dit is my grootste droom in die hele we^reld om eendag so plek te sien, net ys ys ys.
Lees die boek The Left Hand of Darkness van Ursula le Guin, dit speel op so plek af.

 
At 3:28 PM, Blogger maeree said...

Ja, ek het dit geneem. Dis die see! Die wit sneeubedekte landskappe is beeldskoon - veral as die son skyn.
Jy het my geïnspireer - het verlede week le Guin se "Wizard of Earthsea" by Amazon bestel (vir 1c). Ek't nog nooit enige van haar boeke gelees nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za