Friday, April 14, 2006

Performance Anxiety

Ek het lesers! (Amper soos Laerskool Worcester-Oos se leuse: “Ons het kinders”.) Verby is die dae wat ek soos ’n kranksinnige net met myself gepraat het.
Maar ek is nog nie seker hoe ek voel oor die idee van lesers hê nie. Want nou dat ek hulle het, moet ek hulle sekerlik hou ook. Wat as mense nie meer my blog wil lees nie? Wat as hulle dink dis vervelig? Wat as hulle dink dis voorspelbaar? Wat as hulle niks dink nie?
Oh, the pressure!
Ek gaan maak maar liewer vir my ’n koppie chai. Dit klink ten minste gesofistikeerd.

1 Comments:

At 7:44 PM, Blogger Appel said...

Dis belangrik om te weet dat jy niks verskuldig is aan jou lesers nie. Sodra jy oor hulle begin worry, gaan jy 'n komplex ontwikkel en dan gaan jou gesig soos myne begin lyk (sien profile photo hiernaas)

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za