Saturday, April 15, 2006

Holy Indifference

Goeie Vrydag. Ek sit in ’n kerk in Swede. Dis lank, vervelig en geen enkele woord daarvan maak vir my sin nie. Dejá vu.
Om die tyd te verwyl, sit en lees ek ’n boekie oor die “Pearls of Life” (gebedskrale). En daar beleef ek serendipity:
Ek het nog altyd gedink die idee van swaarkry wat deel is van godsdiens, is effens siek. Soos die storie wat ek op skool gehoor het, van drie vroue wat êrens gaan sendingwerk doen het. Die bose pagans het duidelik nie gehou van hul boodskap nie, so die vrouens is in ’n put gegooi, net groot genoeg vir al drie om te staan. Daar het hulle vir dae lank gestaan en lofliedere sing, terwyl hul voete begin vrot in die water onder in die put. Ek vermoed die storie het een of ander gelukkige einde gehad, met ’n morele lessie om saam huis toe te neem. Maar ek kon nie verby die lofliedere terwyl jou voete vrot kom nie.
Dan is daar natuurlik ook nog die “aartappelskille” storie. Die een keer wat ek probeer het om Radio Kansel te luister, word ek onderwerp aan ’n vrou se getuienis: “En ons was so dankbaar vir die aaaaartappelskille”.
Nou, ek kan aanvoel dat daar op ’n manier, êrens diep onder die foei-tog-arme-kind-van-die-Here sindroom, iets van die waarheid skuil. Maar dit bly deeglik buite my bereik.
Wat my bring by die Pearls of Life, en meer spesifiek, die vierde kraletjie: die “pearl of practice”, wat insluit “ascetism, trial, tribulation”. Practice. Hmmm. Nou dít maak vir my sin.
Net na practice, is die kraletjie van “serenity” - dit wat die vroeë kerk soms “holy indifference” genoem het. “This is the reward, true freedom. It is as if nothing depended on me. This is courage and passion.”
Holy indifference. Wat ’n wonderlike dissipline! Definitief een wat ek gaan inoefen vir die volgende jaar (of 10).

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za