Tuesday, April 25, 2006

Goodbye and thanks for all the fish

Hier is my Skype Weemee:



Dit is ’n redelik akkurate selfportret (soveel as wat enigiets in hierdie formaat ’n selfportret kan wees. Enigiemand wat my goed ken, sal egter kan sien dat dit ’n selfportret is). Tog is daar diegene – gewoonlik die wat my nie so goed ken nie – wat wil weet hoekom ek dan nie op die aarde is nie? Natuurlik is daar die hele verbintenis wat vroue met die maan het, asook ’n vae oorblyfsel van my Wiccan dae.

Maar dis hoofsaaklik omdat ek glo ek is op die verkeerde planeet gebore. Of dalk die regte planeet, maar die verkeerde era. Ek kan eenvoudig nie aanvaar dat die inwoners van hierdie planeet moet wees soos wat ons is nie.

Nataniël het ’n kortverhaal geskryf wat nog altyd diep tot my spreek. As ek nou in SA was, kon ek mooi gaan soek wat die storie se titel is en presies hoe dit verloop. Maar op die internet vind mens net plagiatiese platvloersismes wat aan Nataniël toegedig word. Elkgeval, die kortverhaal: dit gaan oor iemand wat van geboorte af gevoel het hy hoort nie tussen hierdie mense nie. So ontdek hy eendag ’n kelder in die winkel waar hy werk. Hy koop massas blikkies tuna en trek in die kelder in, om daar sy lewe te spandeer, weg van die wêreld wat so wreed is, waar hy eenvoudig nie inpas nie. Lank daarna lei die reuk van tuna daartoe dat iemand hom vind. En nog iemand in die winkel oorkant die straat. En nog iemand in die winkel in die pad af. En nog iemand...

Hier is ek nou in Swede. In die stad wat al twee keer die prys gewen het vir die mees gay-vriendelike stad in Swede. Sekerlik so na aan die hemel as wat mens op aarde kan vind, hier net onder die Arktiese Sirkel. Behalwe...
Hier, in Swede, het ek al rassisme (teenoor die Sami), xenofobie, homofobie en (my persoonlike gunsteling) seksisme teegekom. In Swede, damnit! Is daar dan géén plek op hierdie planeet (behalwe ’n kelder onder in ’n winkel) waar mense veilig is van mekaar nie?

Lank lank gelede het ek een van die briljantste flieks van alle tye gesien: Love and Human Remains. Dit is die fliek waarin o.a. die volgende gesprek plaasvind:
“I have never met someone born after 1980 who wasn’t seriously fucked up.”
“Why do you think that is?”
“Microwave ovens, I think.”
In ’n ander gesprek oor hoekom die wêreld so verkeerd is, teoretiseer iemand dat dit Chernobil se skuld is.
“No, I think it’s the Christians,” antwoord sy vriend.

2 Comments:

At 11:52 AM, Blogger Appel said...

Die bekamping van homofobie is een van die Skandinawiese lande se grootste probleme, veral as dit kom by goed wat hulle noem 'international acceptance' waarvolgens internasionale valuta en toerisme gemeet word. Ek het vir 'n maand in Helsinki geswot onder 'n kulturele kapitalis wat ook gespog het oor dat Helsinki die most gay friendly city in Finland is. Wel, al wat dit beteken is dat daar 5 gay clubs is in die woonbuurt so ver weg van als anders dat die main stream mense nie daardeur gepla hoef te word nie. Terselfdertyd is daar maar bittermin anderskleuriges en volgens die statistiek van hierdie kulturele kapitalis is dit die enigste aspekte wat die Skandinawiers verhoed om in dieselfde league te wees as San Francisco en New York. Hierteenoor is Kaapstad nou weer hoog gerank in dié opsig maar ons ekonomie en ander first world goodies laat ons in die steek.

 
At 1:01 PM, Blogger maeree said...

Wat in my boekies beteken SA is die beste (as iemand dan nou die beste moet wees), want ons is ten minste eerlik oor ons vooroordele en ons worstel ernstig daarmee.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za