Friday, April 28, 2006

Unfavourite Movie Moment I


So besluit ek vanaand om maar die 90 krone vir 'n fliek uit te grawe en kyk V for Vendetta. Die poster movie vir "Battered Women Anonymous". Soos dit enige lid van die massas betaam, dink ek ook die toneel waar hulle Big Ben opblaas is wonderlik. Maar "V" martel vir Evey - hy martel haar - soos in torture. En sy reageer deur hom op sy plastiek masker te soen. Sug.

4 Comments:

At 11:58 AM, Blogger Do Kwang said...

Ja, baie interessant. Dis seker maar daai ding, van jy martel iemand en breek hul persoonlikheid af, dan kan jy hulle na jou wil vorm. Dit werk in manskoshuise en in die weermag. Dalk het sy na die marteling so bietjie Stockholm sindroom gehad.
Wat dink jy van die feit dat die held 'n terroris is? Ek dink nie hy is een nie, want hy skiet nooit burgerlikes nie, maar dit lyk steeds of die fliek die vraag wil vra, of dit okay is om 'n terroris te wees indien die saak waarvoor jy baklei edel genoeg is.

 
At 1:45 PM, Blogger maeree said...

Mmm, baie interessant. Hy veroorsaak tog burgerlikes se dood, al maak hy hulle nie self dood nie.
'n Terroris se saak is altyd edel - dis immers hoekom hulle terroriste raak, is dit nie? En edel, soos altyd, is in the eye of the beholder.

 
At 12:11 AM, Blogger rondloper said...

Dis nogal wat my aanvanklik so na die fliek getrek het - die hele gedagte van 'n geregverdigde terroriste-daad. Veral so (relatief) kort na 9/11 en gemik op so 'n bekende simbool soos die Britse parlement. Ek meen as jy stry teen onderdrukkers, praat mens nie meer van terrorisme nie. Die ou storie van die vryheidsvegter vs. die terroris. Maar natuurlik, wie besluit wanneer is 'n onderdrukker '[n onderdrukker.

 
At 12:48 PM, Blogger Do Kwang said...

Alle terroriste waarvan ek weet stry teen onderdrukkers.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za