Monday, May 01, 2006

Hoekom ek nie mag plantjies hê nie


Die foto sê eintlik alles wat gesê moet word. Maar ek gaan nog sê:
Ek doen alles in my vermoë. Ek gee baie water. Ek gee min water. Sit plantjies in die son. Sit plantjies in die skaduwee. Praat met plantjies. Sing vir plantjies. Ignoreer plantjies. Maar my plantjies vrek.
Iemand vertel my eendag dat mens nie mag tweedehandse klere (hand-me-downs) dra nie. Want sien, as jy klere dra gaan daar stukkies van jou siel in die klere in. As iemand anders dan die klere dra, is daardie stukkies van jou siel op hulle. Soos ’n vloek. Daarom dra jy nie ander mense se ou klere nie. O, en wat van al die massas mense wat nie klere het nie, wat maar net te dankbaar sal wees vir my ou klere, wou ek weet. Dan moet hulle die gevolge dra, was die antwoord. Good for them - was my reaksie – want ek is nogal nice. Kan net goed wees as jy stukkies van my siel kry.
Ek moes nie gespot het nie.
Elke keer as ek ’n rekenaar gebruik, gaan daar stukkies van my siel in die rekenaar in. En my siel is nie rekenaar-compatible nie. Dan breek die rekenaar.
En dit wil voorkom asof my siel plante vermoor.

3 Comments:

At 1:15 PM, Anonymous Anonymous said...

Liewe Maeree
Ek is seker as die storie van die stukkies siel waar is, dan sou jou plantjie gefloreer het... en dan sou ek graag van jou klere wou ge-hand-me-down-ontvang het vir krag. Dit het gewerk vir die vrou met bloedvloeiing?
Ps.: Ek hoop egter nie jy het die plantjies AANGETREK nie??

 
At 1:34 PM, Blogger maeree said...

Liewe freddie
Dankie. Interessante perspektief, die van Jesus se kleed.
Nee, ek het nie die plantjies probeer aantrek nie. Ek is nie Eva nie. Ek het wel die een op die foto probeer eet - dis koljander.
Ps.: So, wanneer begin jy - of een van jou alter-ego's - 'n blog?

 
At 12:11 PM, Blogger Freddy said...

Ek meen, ek hoop nie jy het vir die plantjies van jou klere aangetrek nie. En as jy dit eet en die energie kom van jou af, dan is dit mos in effek masturbistiese kannibalisme.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za