Friday, May 05, 2006

Guh

Danksy Dorothy het ek vandag die "Best post on a South African blog" ontdek. Nee, regtig. Daar's 'n prys en alles.
Ek is jammer. Nederig soos wat ek is, moet ek sê: ek dink my post oor dieselfde onderwerp is baie snaakser. (Die kwaliteit van die foto is dalk nie so wonderlik nie, maar dis ten minste my eie foto.)
Nou is ek egter ook deeglik bewus van die feit dat ek en freddy heel dikwels die enigste mense op hierdie planeet is wat my grappies vang. Dus, ter wille van demokrasie en regverdigheid, het ek besluit op 'n poll. Jy kan stem! Ek het nou so gedink: as albei my lesers stem, en (worst case scenario) een stem vir my en die ander een stem vir daai anner blog, dan stem ek ook vir myself en siedaar: ek wen!

Watter post is die snaakste?
Maere se gunsteling condiment. Condiment. Haha.
Daai ander relaas oor Suid-Afrikaanse souse.





4 Comments:

At 11:45 PM, Blogger Appel said...

Vir die polls moet jy gaan na pollhosting.com of so iets. Daar kan jy self die formaat kies en dan kry jy HTML teks wat jy in jou posting kan plaas. Ek hoop jy kom reg met die poll. Ek was vandag juis die onderwerp van Die Burger se poll.

 
At 1:26 PM, Blogger maeree said...

Cool! Baie geluk! 'n Hele poll! Net oor jou! In Die Burger! Wow! Ek het vir jou gaan stem (en nou kan jy vir my stem.)
Sien, dis hoekom mense Afrikaans en Engels in matriek moet hê: sodat hulle "satire" kan spel.

 
At 5:07 PM, Blogger Freddy said...

Ek kon nie vir appel stem nie, ek weet nie wie hy/sy is nie. Daar was wel 'n Appellien in std 5 in my klas, maar haar broer se naam was nie Pierre nie. Ek HET gevra. En liewe Maeree, die poll was onnodig.

 
At 5:12 PM, Blogger dorothy said...

yours is absolutely the funnier of the two

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za