Monday, May 08, 2006

Europa, hier kom ek!

Ons het vandag ons eerste kaartjies begin koop vir volgende maand... Stockholm, Brussels, Rome, Barcelona. Jipee! Daar is baie dinge verkeerd met die wêreld. Een daarvan is goedkoop lugrederye se websites. Hoekom kan hulle nie die flippen prys van die begin af gee nie? Hulle kwoteer 'n prys, jy aanvaar dit... en ewe skielik kom daar nog soveel by vir belasting, nog soveel hiervoor en soveel daarvoor. Dit tick jou af, maar jy gaan maar voort met die transaksie... en betaal vir die voorreg om een stuk bagasie te mag hê, vir die voorreg om die kaartjie by hulle te kan koop... As jy reeds drie keer soveel betaal het as wat hulle aan die begin kwoteer het, bied hulle aan om jou te help om verblyf te vind. Nee dankie! Ek het mos nou my les geleer: 10 Euro vir die kamer. Plus nog vir belasting. En nog vir toerismefooie. En administrasiefooie. 2 Euro vir die bed. Nog 2 as jy beddegoed wil hê. Gaan jy die badkamer wil gebruik? You get the picture.
Die wêreld sal 'n baie beter plek wees as hulle net van die begin af alle kostes lys, dink ek.
En as ek kan uitwerk hoe die Euro knoppie op my rekenaar werk.

3 Comments:

At 2:34 PM, Blogger PienkZuit said...

Ek weetie hoe julle reelings vorder nie, en of jy dalk van beter sites weet nie, maar ons het www.trav.com nuttig gevind vir goedkoop akkomodasie, en as julle 'n kar gaan huur erens kan jy rerig nie beter doen as by www.autoeurope.com nie. Met auto europe kry jy 'n brand-name agentskap (Avis, Hertz , etc) teen goedkoper as wat hulle dit self vir jou sal gee. Vir budget vlugte kyk na www.skyscanner.net : hulle het al die budget airlines ook daarop, en dis 'n baie nice interface.

 
At 2:54 PM, Blogger PienkZuit said...

En nee, ek kry nie geld om enige van bogenoemde te adverteer nie.

 
At 6:02 PM, Blogger maeree said...

Dankie! Jy behoort kommissie te kry.
Ons het nog glad nie na verblyf gekyk nie, so dit help baie.
Het ook nog nie buskaartjies gekoop nie - lyk my dié moet mens maar by die busplek self gaan koop.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za