Monday, June 18, 2007

Vadersdag Blues


Ek is nie in die gewoonte om vir my ouers geskenke te koop vir Moeders- of Vadersdag nie. In plaas van 'n geskenk, bel ek hulle en vertel vir hulle hoe wonderlik hulle is. Soms jok ek.
Die magdom opsies vir Vadersdag het my egter laat wonder: wat gee jy vir jou pa as hy nie drink, dobbel of gholf speel nie? Nog 'n nare gevolg van seksisme, die steriotiep dat pa's emosioneel afwesige degenerates is.
Gelukkig is daar altyd nog die opsie van 'n das. Of 'n sakdoek. Of sokkies.

2 Comments:

At 11:35 AM, Anonymous Anonymous said...

Of Old Spice.

 
At 11:39 AM, Anonymous Anonymous said...

Soap-on-a-rope is altyd 'n goeie ou staatmaker. Of Gary Player papier sakdoeke.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za