Thursday, May 11, 2006

Kersfees in Mei

Vandag is ek die gelukkige ontvanger van 'n unbirthday persent. Die gawe prof het vir my 'n boek gestuur! Ek voel behoorlik soos juffrou se witbroodjie. Dankie prof. Ek kan nie wag om te begin lees nie!
Sodra ek Volume IV van Ian Irvine se "The View from the Mirror" klaar gelees het (eersdaags), word ek ook een van die uitverkorenes (ja, in die uitverkiesing glo ek wel) wat kan sê dat hulle Le Guin lees.
Gepraat van Ian Irvine: kan iemand vir my verklaar hoekom sommige (gewoonlik fantasie) skrywers altyd 4 of 11 boeke vat om 'n storie te vertel wat hulle in 1 of hoogstens 2 volumes kon vertel? Ek het nie 'n probleem met reekse nie. Solank 'n boek 'n properse einde het, is ek gelukkig. Maar hierdie nonsens van boeke (en deesdae ook TV reekse) wat eindig op die hoogste spanningspunt, veroorsaak net onnodige angsversteurings. Besides, teen die tyd wat die volgende boek uitkom, het ek lánkal vergeet wat in die vorige een gebeur het.

1 Comments:

At 3:20 PM, Blogger Do Kwang said...

Hi, hoop jy geniet die boek. Jammer oor dit geskeer en vol koffievlekke is - ek het dit in 'n tweedehandse boekwinkel gekoop vir minder as wat die posgeld Swede toe gekos het. :-)
Die ding met fantasieskrywers, en dit breek my hart om dit te se^, is dat daar so baie is wat gewoon net nie goed is nie. Hoe swakker 'n skrywer is, hoe moeiliker is dit vir hulle om goed behoorlik te edit. Hulle neem aan as jy iets lank genoeg uitrek, dan is dit by verstek EPIES. En dalk skryf almal maar net so lank omdat elke enkele fantasieskrywer wat leef, wens hy was Tolkien. Ek weet ek doen.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za