Wednesday, October 11, 2006

La Vita è bella

Sommige goed laat my voel asof my binnegoed uitgedop word en daar net niks binne oor is nie.

9 Comments:

At 12:34 PM, Anonymous Anonymous said...

Daar is nie woorde om die geweld en smart wat SA beleef te beskryf nie. Dit is verskriklik en onaanvaarbaar. Soveel lewens net verwoes daagliks vir geen rede nie

Die regering MOET daadwerlik hul plig teen burgers nakom om n veilige bestaan te verseker.

Die vraag is soos in die Sunday Times van n week gelede: "Do they care?"

KLAGAt

 
At 6:59 PM, Blogger maeree said...

ek verstaan hoekom mense hierop sal reageer met "misdaad" en "regering se plig" ens. maar vir my gaan dit nie in die eerste plek oor die misdaad in ons land of oor die regering nie, maar oor 'n ma wie se kind op haar rug doodgeskiet is. dit laat my binneste hol voel.
ek het jare gelede 'n vrou in zimbabwe ontmoet. 'n paar maande later is haar kind op haar rug doodgekap. ek besef daar's politieke issues wat daarby inspeel en waaroor gepraat moet word... maar die gevaar bestaan dat ons so fokus op die politieke issue, dat ons vergeet van die ma wie se kind op haar rug vermoor is.

 
At 7:26 PM, Anonymous Anonymous said...

Maeree

Jy is 100% korrek.
Miskien is dit n "coping" meganisme omdat ek net nie kan "cope" met die grusame, brutale dade wat plaasvind nie. Ek voel magteloos, kwaad en verbitterd. As ek praat van die regering moet iets doen dan voel dit darem ek se^ iets.

Jy is reg. Ons in SA het sooo afgestomp geword dat ons verloor daardie menslikheid soos jy tereg se^ hierbo. Dit is verkeerd ek weet.

Met alles wat ek se^ voel ek nog steeds dat gewone burgers net doodgewoon nie aan sulke brutaliteit blootgestel moet word nie. Dit moet nie gebeur nie.

Ag ek het nie antwoorde nie, is moedeloos en my hart gaan uit na daardie ma

Klagat

 
At 9:02 AM, Anonymous Anonymous said...

Die volgende vrae wat ek mee worstel is:

HOE vind mens berusting as mens die slagoffer van sulke gruweldade was?

Kan mens ooit werklik berusting vind na sulke sielsvernietigende/sielsverterende gebeure?

Ek weet nie, ek weet nie.

Klagat

 
At 5:29 PM, Blogger dorothy said...

that picture is so tragic.

 
At 2:03 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek het eenkeer 'n gesprek gehad met iemand wat 'n geliefde op 'n barbaarse manier verloor het. Die persoon het gesê dat mens nooit berusting vind nie, 'n mens deal nooit daarmee nie, maar mens leer wel om daarmee saam te leef. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dis hoekom ek eenkeer iewers gesê het dat die etters na slagoffers se begrafnisse toe moet gaan as deel van hulle straf net voordat hulle geslagsdele met skroewedraaiers deurboor word. Hulle kom nooit met die nagevolge van hulle dade in aanraking nie....

 
At 8:30 PM, Anonymous Anonymous said...

Ware woorde Lammervanger, ware woorde. Daardie pyn verteer en vernietig mense se lewens.

Klagat

 
At 11:18 AM, Anonymous Anonymous said...

Dis 'n flippen stukkende wereld...

 
At 6:07 PM, Blogger maeree said...

het jy hans du plessis se boek "dis 'n flippen stukkende w^ereld die, my ou" gelees?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za