Tuesday, October 10, 2006

Die vis en die fiets

Ek haat seksisme. Veral as ek die slagoffer van genoemde seksisme is.

Ek gee nie so erg om as ek die een is wat seksisties is nie.

Die verskil is, my seksisme is nie gebore uit die (dikwels selfs onbewustelike!) oortuiging dat een gender beter is as die ander nie, maar uit doodgewone, onskuldige wraak.

5 Comments:

At 9:03 AM, Anonymous Anonymous said...

Mo^re Maeree

Hoop dit gaan goed.

Nee kyk ek moet saam met jou stem. My vrou beklee presies dieselfde posisie as ek in basies dieselfde werksomstandighede. MAAR wat absoluut skryend is, is die mate van, sal ek se^ subtiele "bullying" en soms sommer blatant na vore kom. Wat egter vir my interessant is is die verskynsels dat sommige vrouens haar ook maar lekker "bully". Die mans net meer blatant.

Vir my val seksisme en "bullying" in dieselfde kategorie en maak my bloed verdamp van woede.

Weet egter nie wat die antwoord is nie.

Groete jb aka klagat

 
At 11:52 AM, Anonymous Anonymous said...

Klagat!!! Jy's weer op die lug. Loer in daar by my blog ook man.

Ek dink nie ek is 'n seksis nie. Maar ek het tog 'n vraag: Seksistiese grappies is vir my soms half snaaks, maar rasistiese grappies nooit nie (daar is min goed wat my meer pla as rasisme). Is ek dan seksisties?

 
At 1:09 PM, Blogger Do Kwang said...

Vroue wat seksisties is suck, sorry. Ek verstaan nie hoe mense wat hulself die slagoffer van seksisme ag net dieselfde ou kategoriee van man vs. vrou, Mars vs. Venus kan herrangskik en dan dink hulle wen iets daaruit nie. (Hulle wen nie enigiets daaruit nie.)

 
At 6:53 PM, Blogger maeree said...

jb aka klagat, welkom terug. my post is effens tong in die kies geskryf, maar ja, ek kan rillers vertel. moenie dat ek eers begin oor seksuele teistering nie!

zuit, ek wonder... en ek wonder dit ook oor myself... dalk is seksistiese grappies vir jou snaaks omdat jy niƩ seksisties is nie, en rassistiese grappies nie vir jou snaaks nie omdat jy wel, diep in jou binneste, rassisties is?
of dalk is jy nie rassisties nie, maar wel seksisties?
of dalk is jy seksisties en rassisties?
of dalk is jy nie seksisties of rassisties nie?
of dalk het jy al die gevolge van rassisme gesien, maar nog nie die gevolge van seksisme nie?

 
At 12:26 PM, Anonymous Anonymous said...

ek dink jou laaste een is naaste aan die kol. Die gevolge wat ek al gesien het hou waarskynlik verband met my gevoel daaroor.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za