Thursday, October 12, 2006

Fraaie Pêrels

Arcadia is ontsteld omdat sy die woorde van enkele afskuwelike liedjies ken.

Ek besef gisteraand ek ken die woorde van die volgende liedere (gesange?):

  • Voorwaarts Christen Stryders
  • Strome van Seën
  • As Hy Weer Kom

Ek weet hoekom ek laasgenoemde ken. As kind het ek dit glad nie verstaan nie, maar graag gesing. Dit was 'n heerlike tydverdryf om allerhande nuwe soorte pêrels op te maak wat "hy" (ek het nie geweet wie die "hy" is van wie die liedjie praat nie) gaan kom haal... pinkes, bloues, blinkes, goues.

Ook Strome van Seën het 'n redelik direkte pad na my onderbewussyn gevolg: die oumense was lief daarvoor om pinkstertyd die ou Halleluja liedjies te sing en die arme kinnertjies was natuurlik saamgesleep.

Maar Voorwaarts Christen Stryders?

6 Comments:

At 2:25 PM, Blogger Do Kwang said...

Ek ken die woorde van "Pour que tu m'aime encore" op Celine Dion se French Album uit my kop uit.

 
At 5:15 PM, Blogger arcadia said...

um...ek ken nie voorwaarts christen stryders nie, maar sal enige ou kan challenge op 'n sing off oor enige songs wat uit die hernuwing/charismatiese beweging gebore is.

partykeer dink ek ek het nog nooit soveel embaressing goed oor myself kwytgeraak soos in die blogsfeer nie.

 
At 5:27 PM, Blogger dorothy said...

i love billy joel. i know almost all the words to most of his songs. oh and i love 'amazing grace' and that 'come home, come hooooommme, ye who are weary come hooommmee'. that one.

 
At 2:06 AM, Blogger Lammervanger said...

Interessant dat jy dit opbring. Ek het nou die dag die woorde van daai liedjie oor die lappop op die ashoop onthou. Leë bottel bier, 'n verlepte angelier, 'n grammofoonplaat en 'n kous sonder maat... Eintlik kon ek dit nie onthou nie. Ek weet iewers feature 'n pampoen, 'n ou skoen en nog ander goed.

 
At 1:00 PM, Blogger dorothy said...

en 'n ou koerant! i go through moments where i swear i'm channeling marika - because i'll start singing that selfsame song and i will know EVERY word...and the, just as quickly, i'll have lost it again.

 
At 2:50 PM, Anonymous Anonymous said...

Ek ken al die woorde van al die liedjies op David Kramer se Blokkies Joubert tape. Waarskynlik omdat dit die enigste tape was wat my pa in sy bakkie gehad het voor ek skool toe is, en ek elke dag saam met hom op sy veearts rondtes plase toe gery het.

Ek hoor vanoggend op die radio dat Poena en Steve Hofmeyer 'n weddenskap aan het op more se rugby. As die Bulle verloor sal Steve 'n blou bul steak van BootsnAll se vloet af eet. As die Cheetas verloor sal Poena die leeuloop doen.

Begin asb bid dat die Cheetas wen...

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za