Monday, October 16, 2006

Daar is toe 'n pasifis

Stefan se dood het my weer opnuut aan die dink oor pasifisme. Nie die soort wat sê dat geweld soms, in sekere omstandighede, regverdig is nie, maar die soort wat sê dat geweld nooit, onder enige omstandighede, geregverdig is nie.
Ek wonder al heel jaar of ek ‘n pasifis is. Nou weet ek.
Stefan is die tweede persoon wat ek geken het wat vermoor is. Jare gelede is iemand anders wat ek geken het, saam met haar man ontvoer. ‘n Week later hoor ons oor die nuus dat hul erg ontbinde lyke êrens gevind is. Hoewel sy geskiet is, is sy op die ou end dood aan blootstelling. My ma se eerste woorde aan my nadat ek hierdie aaklige nuus gehoor het, was (verbatim): “En nou, Juffrou, kom ons by jou standpunt oor die doodstraf.” Ja, dit was presies so patronising. En nee, ons het nie gekom by my “standpunt oor die doodstraf” nie. Jy leer immers nie vir mense respek vir die lewe deur mense dood te maak nie!
Hierdie keer het ons wel by my standpunt oor pasifisme gekom. Ek glo dat dit verkeerd is om ‘n ander mens se lewe te neem. Niks kan ooit oorlog of geweld regverdig nie. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie – glad nie, nooit nie. Dit is nooit reg of geregverdig om iemand koelbloedig te vermoor nie – selfs al is dit wettig, selfs al noem jy dit “peace keeping” of watter ander polities korrekte naam ons ookal daarvoor uitdink. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie.

8 Comments:

At 10:41 PM, Blogger Do Kwang said...

Hoekom meen jy dat niks ooit oorlog of geweld kan regverdig nie?

 
At 2:00 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek stem saam dat dit nooit reg is om mense se lewens te neem nie. In die SA konteks neem haat my denke oor as ek hierdie saak bepeins. Ek wil hê die goed moet afgeslag/gehang/verdrink word sodat hulle dit nooit weer aan ander kan doen nie. In SA is die kans dat die gemors dit weer gaan doen baie goed, en dis hoekom ek hom uit sirkulasie wil sien. Dit is seker verkeerd, en two wrongs don't make a right, maar ek kies eerder die een as die ander.

 
At 11:56 AM, Anonymous Anonymous said...

Maeree jy het n punt maar lammervanger druk my gevoel uit soos ek dit sien.

Klagat

 
At 12:40 PM, Blogger dorothy said...

i don't think people have the capacity to comprehend the horror of brutal murder. but i'm not sure there's really a 'should' involved in whether we ought or ought not to kill eachother. is the 'should' bit socially construed? morally? because it can't form part of that nasty baser aspect of being part of the natural foodchain - and not even at the top of it for that matter.

i don't believe capital punishment is the way. i have a much better solution to people who absolve themselves of that sticky 'human rights' issue.

i envision a large square building with a high roof and tiny tiny windows running in intervals along the top, maybe even a small round skylight. there will be long drops and little openings where food can be pushed through. each house will house 150 inmates or more. they will never leave and no one will ever come in. there they will spend the rest of their days without the delights of tv, contact with the outside, health care, fresh air and blue sky.

there they can do whatever they want to eachother and there will be no way out. the only thing the wardens will have to worry about is what to do with dead bodies.

 
At 12:44 PM, Anonymous Anonymous said...

ameree, luk my ons sien die saak min of meer dieselfde. Behalwe dat ek waarskynlik nie so sterk in my standpunt glo dat ek nie anders oortuig kan word nie. As ek moet geweld pleeg om my vrou te beskerm sal ek waarskynlik. Ek dink nie ek is soveel teen geweld as wat ek teen wraak is nie. Wraak kry nooit iets reg nie, geweld is soms nodig (as dit nie oor wraak gaan nie). Of is ek verkeerd/ nai"f?

 
At 1:11 PM, Blogger Do Kwang said...

Ek glo geweld en oorlog is soms geregverdig, byvoorbeeld wanneer Nazis of Talibaniste of gangsters die we^reld probeer oorneem, ens. vernaamd wanneer pasifisme tot meer ellende as geweld sal lei. Maar daar is mense soos die bewonderingswaardige Ursula le Guin (en straks onse Maeree) en Gandhi wat glo die beginsel van pasifisme is so belangrik dat hulle dit selfs sal onderhou al lei dit tot pyn - eerder ondergaan in geregtigheid as voortbestaan in ongeregtigheid, en dit moet sekerlik gerespekteer word.
On the completely unrelated topic of a previous debate, ek voel dis tyd dat iemand 'n Bybelvers aanhaal:
Eksodus 34:15-16: "Julle mag nie 'n verdrag met die inwoners van die land sluit nie. Wanneer hulle onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode en vir hulle gode offers bring, sal die mense julle uitnooi na hulle offermaaltye toe, en julle sal daaraan deel he^ . . . Julle sal julle seuns met hulle dogters laat trou, en wanneer hulle dogters onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode, sal hulle julle seuns tot dieselfde soort onsedelikheid verlei."
Onsedelikheid in die diens van hul gode? Ha!

 
At 5:12 PM, Blogger maeree said...

dorothy... you are scary.
do kwang, ek dink die berig wat jy op pienk zuit se blog gepost het, beskryf hoe ek voel. soms is vergifnis só vreemd/onnatuurlik, dat dit die mag het om die wêreld te verander.
as jy deutr 23, konings, numeri 25, 1 sam 2, jer 13, hos 4 of gen 38 aangehaal het, het ek 'n onmiddellike antwoord reg gehad. maar ek moet bieg: ek het nie eks 34 sien kom nie. onsedelikheid kan natuurlik allerhande goed beteken. maar dis 'n flou argument. ek sal nog bietjie dink. intussen kan jy die advantage geniet.

 
At 2:34 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek voel redelik sterk oor hierdie (geweldadige) misdaad saak. Punt is dat die ou wat jou geliefde afgeslag is, al klaar 'n produk is en hy kan nie hervorm word nie. So op een of ander manier moet hy weg. Die mense wat vir hulself vertel dat die ou gehelp kan word: Indien 'n moordenaar deur 'n rehabilitasieprogram gesit word en hy kom as modelgeval aan die ander kant uit, sal jy toelaat dat hy met jou dogter uitgaan...? Nee meneer! Want jy sal bang wees dat hy haar ook gaan afslag. Ek kan nie aan enige iemand dink wat sal ja antwoord op daai vraag nie. En as jy hom nie met jou geliefdes kan vertrou nie, dan glo jy nie werklik dat hy hervorm is nie, en dan kan ons hom verseker nie op ander se geliefdes loslaat nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za