Monday, April 03, 2006

Wat ek die naweek gedoen het

Naweek naweek. Wonderlike naweek. Wie het dit uitgevind? Naweke is die beste goed - lekkerder as chocolate, beter as dans. Ek kan steeds nie daaroor kom dat daar mense is wat gereeld naweke het nie. Wat ’n geseënde lewe! Einde van die week, en hier kom... naweek!

Dus, wat ek hierdie naweek gedoen het:
Saterdag:
laat geslaap;
buskaartjie vir volgende naweek se trip Arjeplog toe gaan koop;
in die stad rond gedrentel;
allerhande tweedehandse winkeltjies besoek;
honderde foto’s geneem;
ander mense se innoverende blogs gelees
en uitgegaan vir pizza.

Sondag:
laat geslaap;
in middellyf-diep sneeu gaan stap;
met ’n slee gery;
heerlike SA rooiwyn gedrink;
die voordeur in my longjohns oopgemaak (ek het vergeet my broek hang oor die verwarmer om droog te word)
en vroeg in die bed geklim (nie saam met die man vir wie ek die voordeur oopgemaak het in my onderklere nie; wel saam met die man wat byna ’n breuk gekry het soos wat hy gelag het.)

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za