Wednesday, July 25, 2007

Facebook snuif ou onderbroeke

Maar aangesien ek hierdie onbeheerbare begeerte het om IN te wees, is ek nou ook in daardie eetsaal van demone te vinde onder die naam waarmee ek ook hier bekend is.

Onder dieselfde kinderagtige begeerte val ook hierdie blog se trek. Ek is baie lief vir blogger. Op 10 Februarie 2006 het ons liefde begin. Vandag verlaat ek haar en skuif na www.inderdaad.wordpress.com. Moontlik keer ek eendag weer terug. Intussen hoop ek dat dit 'n geseënde skuif sal wees...

Thursday, July 19, 2007

Inter-blog skakeling

Ek gaan die naweek by Freddy speel. Miskien fliek ons saam.

Vir diegene wat nou onmiddelik op hul perdjie spring en brom omdat ek nog altyd weier om met hulle te kuier, dis eenvoudig: Freddy betaal my. Easy peasy.

Wednesday, July 18, 2007

Die interessantste ding op Alicedale

As jy ooit die kans kry om na Bushman Sands te gaan... sê net nee!

Monday, July 16, 2007

Sommige mense...

... is net gelukkig as hulle ongelukkig is.
(Uit verleeeede week se PostSecret.)

Friday, July 13, 2007

My hartjie is nog steeds bly-y-y-y-y...

want ek het 'n DVD gekry-y-y-y-y!

Thursday, July 12, 2007

Op versoek van Freddie

Wednesday, July 11, 2007

My hartjie is tog so bly-y-y-y-y-y-y

Want ek het 'n CD gekry-y-y-y-y-y.

Sinéad O'Connor toonset Ou Testamentiese tekste. Wat meer wil jy hê?

Tuesday, July 10, 2007

Nasionale Pornografie Sondag in die VSA

Dis eers in Oktober, maar ons kan mos nou al begin voorberei.

Veg teen die blou olifant in die kerkbanke!

As jy nie Pornogafie Sondag kan bywoon nie, kyk uit vir 'n Pornografie & Pannekoek geleentheid naby jou!

Monday, July 09, 2007

God in 'n Blikkie

Ons sal ook enigiets bemark.

Friday, July 06, 2007

Een ding lei tot 'n ander


Die vriendin wat sing vertel nou die dag dat sy en die geliefde dit gedoen het in die Vatikaan. Regtig. Hulle was op 'n toer toe die begeerte hulle skielik oorval het. Gevolglik het hulle 'n verlate plekkie gesoek en... voila!

So, ter viering van alle vorme van die liefde, vertel tog: wat is die interessantste plek waar jy al seks gehad/gevry het? LET WEL: Hierdie is nie 'n kompetisie nie! Dit is duidelik dat die vriendin wat sing reeds gewen het en die res van ons maar net gemoedelik ons wedervaringe kan deel.

Om die spreekwoordelike bal aan die rol te kry, sal ek begin:
Hugenote Hoërskool (Wellington) se skoolswembad.
En die Lammervanger het dit al in 'n vliegtuig se badkamer gedoen (volunteer ek maar, aangesien hy weg is.)

En jy?

Thursday, July 05, 2007

Die kwessie van Lily weer besoek.

Met die huweliksherdenking minder as 48 uur weg, dink ek dis 'n goeie tyd om weer te gesels oor Lily. (Vir diegene wat nie die sage van Lily ken nie - en ouer as 18 is - gaan kyk hier, hier en hier.)

Lily is wonderlik. Sy is beeldskoon, sag en pienk met pragtige kurwes. En in die hand van die Hoof van die Huis is sy 'n sleutel tot ongebreidelde ekstase. Maar in my eie hand is sy ongelukkig niks meer as wat my eie hand ook is nie.

Lank lank gelede het ek en 'n vriendin in ons maagdelike onskuld gewonder hoe seks ooit bevredigend kan wees vir 'n vrou. "Omdat mans strepies is, nie bogies nie", het my vriendin nog gewonder. Intussen het ek (tot my oneindige vreugde en plesier) uitgevind dat mans tegelykertyd strepies én bogies kan wees. En dis die ongeluk met Lily... sy's net 'n bogie.

Vir my volgende verjaardag wil ek dus Lily se ousus, Iris, hê.
En vir die verjaardag daarna (of vroeër, maak nie saak nie) hoop ek vir Gigi.

Now you know.

Wednesday, July 04, 2007

Kom kyk my show!


Nee, myne!
Nee, myne!
Nee, myne!

Tuesday, July 03, 2007

Incredible how u can... c right through me!

So sit ek in Grahamstad by 'n tafeltjie en eet die heerlike bord kos wat ek by die maer, pimply seuns van die Hare Krishna-stalletjie gekoop het.
Ander mense kom sit ook by my tafeltjie, maar ignoreer my.
Daar word by die mense voor my, langs my, agter my gebedel, maar nie by my nie (ek gee nie om nie).
Die een mens na die ander kom deel "asseblief-kom-kyk-ons-show" pamflette uit aan al wat leef en beef - maar nie aan my nie.
Die Hare Krishna wat die kort strooitjie getrek het, probeer hul literatuur aan al wat asem haal verkoop, maar kyk by my verby.

Die Hoof van die Huis kom terug van sy (uiters produktiewe) rondte deur die voedselstalletjies. Ek vertel hom van die vreemde fenomeen waar almal my ignoreer.Sy reaksie is om homself half simpel te lag en te besluit dat ek onsigbaar is.

Net daarna - ek lieg nie, onmiddelik daarna - kom nog iemand verby, leuen bo-oor my en gee vir die Hoof van die Huis 'n hand vol pamflette.


In die reeks wat ek besig is om te lees, het hekse die vermoë om hulself onsigbaar te maak. Hulle verdwyn nie, hulle ont-fokus hulself net. Mense sien hulle, maar registreer nie dat hulle iemand gesien het nie. Tiffany Aching doen iets soortgelyks.


Dit is dus moontlik dat my onsigbaarheid 'n vreemde oorblyfsel van my Wiccan dae is.


Ongelukkig weet ek wat die ware rede is, en dit baie meer sinister* as blote heksery.

*Dis in die HAT. Ek't gekyk.

Monday, July 02, 2007

Beeline

My gunsteling-gunsteling deel van die jaarlikse Nasionale Kunstefees op Grahamstad, is die heerlike bord kos wat ek vir R20 by die Hare Krishna's se stalletjie koop.
Ek wonder of mens hul resepte êrens kan kry?

BlogAfrikaans.co.za