Wednesday, May 30, 2007

Spesiaal vir Die Zuit


Goeie nuus! Swaarkry vir altyd verby! Nooit hoef jy weer met enige probleem te sukkel nie! Onaangename kollegas? Psjt! Een spuit en hulle verdwyn in 'n wolkie geurige walms. Huweliksprobleme? No problem! Psjt! Sukkel om te fokus? Psjt! 'n Hoop strykgoed in die spaarkamer? Psjt! Ongemak met honger kindertjies wat by jou motorvenster bedel? Pluk jou botteltjie uit, spuit in die kind se rigting en hongersnood verdwyn soos aromatiese mis voor die son.

Okay, duidelik oordryf ek. Hier's die waarheid:
  • Sukkel om oor jou traumatiese mishandelde kinderdae te kom? Gebruik Angel of Liberation - Turquise Spray: "This Angel liberates us from anything in the past that holds us back. Setting you free. It opens the connection to crystals& dolphins. And releases blocks when working with computers."
  • Bekommerd en bang vir die booswigte wat by jou huis wil inbreek en jou wil aanrand? Die Blue Flame of Divine Protection is jou antwoord. "This spray is for absolute protection, and creating a new reality. It raises the spirit and brings in understanding and appreciation."
Die volledige Angels of Transformation reeks hier hier beskikbaar.
  • The Angel sprays are for space and energy revitalizing and clearing.
  • They create a link between the conscious and sub conscious mind, alleviating any blocks in the flow and inviting the protection of the Angelic Realm.
  • When using them hold this focus, calling in the unseen support and know that it is so.
  • Spray above the head and onto the chest area and allow the fragrance to gently wash through your energy field.
  • For clearing negativity from a room simply spray around the room, again asking for the Angelic guidance when doing so.

Tuesday, May 29, 2007

Genoeg is genoeg!



Nee, dis nou sommer nonsens die. Mense pleit dat ons moet vegetariërs word, want dis wreed om diere te eet. Die arme goed (diere) hou nie daarvan nie.
Maar niemand gee om vir seediere nie (sommige gee wel om vir dolfyne, wat blykbaar die IK van goudvisse het* en walvissie). Eet maar daai seekossies, mossels het nie gevoelens nie. Jy sal selfs kan vis eet in die hemel!

Genoeg is genoeg, sê ek!

Vandag is dus die amptelike stigtersdag van S.U.S.H.I. (Seedier Uitwissing Stop HIer**).
Staan op vir seediertjieregte! Seediere het ook siele!
My vissies het persoonlikheid!***

* baie min.
** dankie fredddddels
*** gehad, voordat hulle gevrek het.

Monday, May 28, 2007

Lesse uit Sentraal


By hierdie tannie het ek die Afrikaanse woord "naaier" geleer. Ek het die werkwoord geken, maar nie geweet van die skelwoord nie.
Bedags pas sy karre op.
Laatmiddag hou sy court op die sypaadjie.
Wanneer dit donker word, hang sy oor mense se heinings en kyk fliek deur hul vensters.
Ek weet nie waar sy woon nie, maar ek is seker sy regeer daar ook.

Friday, May 25, 2007

Painful 2b Beautiful


So sit ek vanoggend 'n stukkie van die "Tyra Banks Show" [ja, ek weet] en kyk terwyl ek ingedagte my koffie drink. Tyra gesels met mense wat hul tone laat korter maak en kollageen in hul hakke laat inplant sodat hulle met gemak hoëhakskoene kan dra.
Die plastiese chirurg help ons om hierdie fenomeen te verstaan: "We can't change fashion. But we can help women to have the freedom to wear what they want."
Inderdaad. Ons kan nie die mode verander nie, maar ons kan ons tone afsny.

(Die mees erudiete gesprekke oor lywe en lyflikheid vind tans by Oppietrap plaas. Terwyl jy daar is kan jy sommer ook vertel wat jou vagina sou sê as sy kon praat.)

Thursday, May 24, 2007

Sensuele Skoonheid

My "amen" op Salige Rus se "Iets mooi in 'n rowwe wêreld".

Foto's deur GaryP.

Wednesday, May 23, 2007

PostSecret Oorsig

Van logies...
Na aangrypend...
Na inspirerend...

Die lewe in 3-sekonde soundbites.

Tuesday, May 22, 2007

Niks nuuts onder die wolke

Hierdie post verwys.
Elke jaar spoel ons weg.
Elke jaar gaan die krag af.
Elke jaar gaan staan jou kar omdat die water in die pad tot by die kar se onderstel kom.
En elke jaar is ons verbaas.

Thursday, May 17, 2007

Magspel

Ek ken mense.
En as ek nie mense ken nie, dan ken ek mense wat mense ken.
Nog vrae?

Wednesday, May 16, 2007

Die Kersie in my Venster


Ek kry gister 'n SMS wat vra ek moet 'n kers in 'n venster laat brand sodat Madeleine McCann gevind kan word. "Wie??", was my eerste reaksie. Toe onthou ek: "O ja, oulike grootoog blondekop Britse dogtertjie wat in Spanje ontvoer is."

Ek dink dis skreiend en tragies dat sy ontvoer is.
Ek dink dis skreiend en tragies dat daar jaarliks in Suid-Afrika tussen 800-900 kinders as vermis aangemeld word.
Ek dink dis skreiend en tragies dat niemand my daaroor SMS nie.

En ek wonder - hoekom SMS niemand my oor al die ander kindertjies nie?
Is dit omdat hulle nie pragtige blondekop grootoog kindertjies is nie?
Is dit omdat hul ouers nie toegang het tot die tegnologie wat kan help om oulike videos te versprei sodat die wêreld se harte kan sag word nie?
Is dit omdat ons genoeg ekstra kindertjies in Afrika het?
Is dit omdat hul ouers nie regtig omgee nie?
Kan dit wees omdat hul ouers nog nie daaraan gedink het om vir David Beckham te vra om op TV te verskyn ter wille van hulle kinders nie? (Dalk het hulle nie sy telefoonnommer nie.)
Hoekom bied Beckham nie aan om ook vir hul kinders te pleit nie?

As ek 'n kers in 'n venster laat brand, sal dit wees vir die mense wat ek ken wat daagliks 'n tuiste probeer skep vir straatkinders. En vir dié wat ek nie ken nie.
En vir die ander vermiste kindertjies die wêreld oor.
En vir hul ouers.
En vir dié wat die kinders probeer vind.
En vir 'n wêreld wat nie ewe ontsteld is elke keer as 'n kind vermis/ ontvoer/ vermoor/ verkrag word nie.
En vir Madeleine McCann.

Monday, May 14, 2007

Gaap

.

Sunday, May 13, 2007

Legacy

Ek het eenvoudig my ma se prentjie ingekleur.

Friday, May 11, 2007

A quote is as good as a thousand words


"When an actress takes off her clothes onscreen but a nursing mother is told to leave, what message do we send about the roles of women? In some ways we're as committed to the old madonna-whore dichotomy as ever. And the madonna stays home, feeding the baby behind the blinds, a vestige of those days when for a lady to venture out was a flagrant act of public exposure."
Anna Quindlen

Wednesday, May 09, 2007

Balderdash


idiwidi het my weer laat onthou:

Ek is briljant met hierdie game. (Hoofsaaklik, vermoed ek, omdat ek nog net teen kinders gespeel het.)

"A clever repackaging of the parlor game Dictionary, Balderdash contains several cards with real words nobody has heard of. After one of those words has been read aloud, players try to come up with definitions that at least sound plausible, because points are later awarded for every opposing player who guessed that your definition was the correct one."

Dalk kan ons almal dit speel wanneer ons eendag in 'n tehuis vir bejaarde bloggers woon.

Tuesday, May 08, 2007

So, who's the dominant species then?

'n Vriendin beweer, nadat sy drie kakkerlakke vir drie minute op maksimum in die mikrogolfoond genuke en hulle daarna doodluiters met hul lewens aangegaan het, dat kakkerlakke die potensiaal het om die dominante spesie op ons planeet te word. Hulle moet nog net die hele "opposible thumbs" ding uitwerk, dan is dit verby met ons.

Ek verskil van haar. Ek dink katte is die dominante spesie. Reeds. Die feit dat ons dit nog nie besef het nie, getuig bloot van ons naïwiteit en van katte se onderduimsheid.

Friday, May 04, 2007

"Die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle" II

WAARSKUWING: Die volgende is nie vir sensitiewe kykers nie.


View this on LiveDigital


Een van die redes hoekom ek 'n Christen is en sal bly, is omdat ek glo dat die Koninkryk van God nie so lyk nie.

BlogAfrikaans.co.za