Monday, October 30, 2006

Maandag Mania

Ek verbeel my ek het hierdie link op iemand anders se blog gekry, maar dis die perfekte terapie vir Maandag frustrasies.

Friday, October 27, 2006

Toe ons nog kinders was

Lees enigiemand van 32 of ouer my blog?

Wednesday, October 25, 2006

Het Maeree Skisofreniese Persoonlikheidsdisorder?

Adam wonder. Die antwoord is NEE.
Om dit te bewys, het ek 'n vraelys wat toets vir SPD gaan opdiep. Soms kan dit wel voorkom asof ek SPD het, maar daar is goeie redes vir bykans alle antwoorde wat lyk na simptome van SPD. Die enigste een wat ek nie verstaan nie, is dat mense nie my grappies vang nie. Hoekom sal enigiemand nie my grappies vang nie?

3. Have you had experiences with the supernatural ? Y [Natuurlik, ek’s ‘n Christen.]
5. Other people see me as slightly eccentric (odd).Y [Maar dis net vervelige mense.]
7. People sometimes find it hard to understand what I am saying.Y [Hoe is dit my fout as mense nie slim genoeg is om my te verstaan nie?]
8. People sometimes find me aloof and distant.Y
9. I am sure I am being talked about behind my back.Y [Ek kan dit bewys.]
13. Have you ever had the sense that some person or force is around you, even though you cannot see anyone ?Y [Natuurlik. Verwys na 3.]
14. People sometimes comment on my unusual mannerisms and habits.Y
16. I sometimes jump quickly from one topic to another when speaking.Y

18. Do you often feel that other people have got it in for you ?Y [Kan dit bewys.]
21. Are you sometimes sure that other people can tell what you are thinking ?Y [Natuurlik kan hulle – ek sê wat ek dink. En as ek dit nie sê nie, kan mense dit elkgeval sien.]
23. Sometimes other people think that I am a little strange.Y [Verwys na 5.]
25. I sometimes forget what I am trying to say.Y [Doesn’t everybody?]
29. I get anxious when meeting people for the first time.Y [Doesn't everybody?]
38. Do you often feel nervous when you are in a group of unfamiliar people ?Y [Doesn’t everybody?]
39. Can other people feel your feelings when they are not there ?Y [Net my ma. Ons het hierdie weird konneksie.]
42. Some people find me a bit vague and elusive during a conversation.Y [Sê meer oor hulle IK as oor my.]
43. I am poor at returning social courtesies and gestures.Y [Maar dis net plain swak maniere]
47. Have you had experiences with astrology, seeing the future, UFOs, ESP or a sixth sense ?Y [Verwys na 39]
50. I sometimes use words in unusual ways.Y
52. Have you found that it is best not to let other people know too much about you ?Y
55. Have you ever felt that you are communicating with another person telepathically (by mind-reading) ?Y [Net my ma]
56. Does your sense of smell sometimes become unusually strong ?Y
58. Do you tend to wander off the topic when having a conversation.Y [Veral as die oorspronklike onderwerp vervelig is.]
59. I often feel that others have it in for me.Y [Kan dit bewys]
63. Do you sometimes feel that people are talking about you ?Y [Kan dit bewys]
67. I am an odd, unusual person.Y [Ander mense dink so, maar ek dink regtig nie ek’s vreemd nie.]
74. People sometimes stare at me because of my odd appearance.Y
[Weereens: omdat ek in ‘n redelik konserwatiewe gemeenskap woon. Sê dit iets van my, of van die mense wat staar? I happen to like body art.]

Tuesday, October 24, 2006

My hartjie, my liefie

Die son sak weg

Daar anderkant die blou berge

Monday, October 23, 2006

The Devil Wears Prada


Hierdie is 'n baie oulike fliekie, vol waardevolle lesse: oor hoe jy moet wees en hoe jy moet dink en wat vir jou belangrik moet wees en hoe jy moet aantrek en waardes en etiek en sulke stuff.

Saturday, October 21, 2006

Ek kon nou hier gewees het


Maar ek is nie.

Friday, October 20, 2006

I shop, therefore I am

Ek haat dit as daar na my verwys word as 'n "verbruiker" (of erger nog, "consumer"). Asof ek net bestaan om goed te koop sodat ander mense kan geld maak om ook goed te koop.

Thursday, October 19, 2006

Nasionale dag vir Persvryheid


Hoe vry is vry?
As jy die belangrikste meningsvormer in die land is, wat (naïewelik, dink ek) beweer dat jy objektief is... hoe vry is vry?

Tuesday, October 17, 2006

Iets goeds in Die Burger

SNAAKS. Baie kerkmense wens die Bybelse voorskrifte was duideliker, die goddelike eise glashelder vir elke situasie, die kerklike stem meer profeties oor al die morele verval. Baie verlang duidelike antwoorde, onbetwyfelbare riglyne. Wil presies weet wat God wil – sodat hulle dit net kan doen. Wil nie altyd wonder, heeltyd loop met vrae, onsekerheid, die roeping om self te onderskei nie. In sy verhaal oor die broers Karamazov skets Dostojewski ’n dramatiese toneel in die tronk in Sevilla. Iemand is gearresteer wat op straat ’n stoet gestop en ’n dogtertjie opgewek het – opsigtelik Jesus, alhoewel net die gevangene genoem. In die donker van die nag besoek die gryse kardinaal, gestalte van die kerk, dié gevangene in die geheim. Hy ondervra hom, maar omdat dié bly swyg word dit ’n aangrypende alleenspraak – van die kerk. Hy kla die prisonier aan. Weet hy hoe worstel die kerk al eeue met mense se vryheid, om dit in toom te hou? En nou kom maak hy dié vryheid net nog groter! Kom gooi reëls af en maak ons eie onderskeidingsvermoë net nóg belangriker! Dis onuithoudbaar, ondraaglik, sê die kardinaal. Met soveel vryheid kan niemand leef nie! Mense wil presies weet wat God, Skrif en kerk sê – en sal dan selfs daarvoor sterf, of ánder laat sterf, maar met sóveel vryheid en eie verantwoordelikheid kan geeneen leef nie. Tog snaaks, né?
Die etikus James Gustafson vertel dat hy en sy vrou op ’n keer – tipies Amerikaans – gemeentes in ’n nuwe stad besoek om te kyk waar hul sou tuis voel. Tydens so ’n gesprek vra ’n voornemende lidmaat driftig aan die leraar of dié gemeente glo in die duidelike Bybelse voorskrifte oor allerlei sake – aborsie, homoseksualiteit? Die predikant glimlag effe, en sê persoonlik hou hy nogal meer van die een oor tiendes. Ongelukkig vér te subtiel vir die kêrel-met-die-vraag, sê Gustafson skalks. Tog duidelik – óók snaaks? – DJS

Monday, October 16, 2006

Daar is toe 'n pasifis

Stefan se dood het my weer opnuut aan die dink oor pasifisme. Nie die soort wat sê dat geweld soms, in sekere omstandighede, regverdig is nie, maar die soort wat sê dat geweld nooit, onder enige omstandighede, geregverdig is nie.
Ek wonder al heel jaar of ek ‘n pasifis is. Nou weet ek.
Stefan is die tweede persoon wat ek geken het wat vermoor is. Jare gelede is iemand anders wat ek geken het, saam met haar man ontvoer. ‘n Week later hoor ons oor die nuus dat hul erg ontbinde lyke êrens gevind is. Hoewel sy geskiet is, is sy op die ou end dood aan blootstelling. My ma se eerste woorde aan my nadat ek hierdie aaklige nuus gehoor het, was (verbatim): “En nou, Juffrou, kom ons by jou standpunt oor die doodstraf.” Ja, dit was presies so patronising. En nee, ons het nie gekom by my “standpunt oor die doodstraf” nie. Jy leer immers nie vir mense respek vir die lewe deur mense dood te maak nie!
Hierdie keer het ons wel by my standpunt oor pasifisme gekom. Ek glo dat dit verkeerd is om ‘n ander mens se lewe te neem. Niks kan ooit oorlog of geweld regverdig nie. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie – glad nie, nooit nie. Dit is nooit reg of geregverdig om iemand koelbloedig te vermoor nie – selfs al is dit wettig, selfs al noem jy dit “peace keeping” of watter ander polities korrekte naam ons ookal daarvoor uitdink. Mense is nie veronderstel om mekaar dood te maak nie.

Friday, October 13, 2006

The Amazing Maurice and his Educated Rodents

The important thing about adventures, thought Mr Bunnsy, was that they shouldn't be so long as to make you miss mealtimes.
-Terry Pratchett

Thursday, October 12, 2006

Fraaie Pêrels

Arcadia is ontsteld omdat sy die woorde van enkele afskuwelike liedjies ken.

Ek besef gisteraand ek ken die woorde van die volgende liedere (gesange?):

  • Voorwaarts Christen Stryders
  • Strome van Seën
  • As Hy Weer Kom

Ek weet hoekom ek laasgenoemde ken. As kind het ek dit glad nie verstaan nie, maar graag gesing. Dit was 'n heerlike tydverdryf om allerhande nuwe soorte pêrels op te maak wat "hy" (ek het nie geweet wie die "hy" is van wie die liedjie praat nie) gaan kom haal... pinkes, bloues, blinkes, goues.

Ook Strome van Seën het 'n redelik direkte pad na my onderbewussyn gevolg: die oumense was lief daarvoor om pinkstertyd die ou Halleluja liedjies te sing en die arme kinnertjies was natuurlik saamgesleep.

Maar Voorwaarts Christen Stryders?

Wednesday, October 11, 2006

La Vita è bella

Sommige goed laat my voel asof my binnegoed uitgedop word en daar net niks binne oor is nie.

Tuesday, October 10, 2006

Die vis en die fiets

Ek haat seksisme. Veral as ek die slagoffer van genoemde seksisme is.

Ek gee nie so erg om as ek die een is wat seksisties is nie.

Die verskil is, my seksisme is nie gebore uit die (dikwels selfs onbewustelike!) oortuiging dat een gender beter is as die ander nie, maar uit doodgewone, onskuldige wraak.

Sunday, October 08, 2006

Good Omens

"You can't second-guess ineffability, I always say."
Terry Pratchett & Neil Gaiman

Thursday, October 05, 2006

Drie Maande

"Good feeling's gone."
Marlin in Finding Nemo.

Wednesday, October 04, 2006

Strome van seën!

Dis hier! Dis hier!
Na-nana-na-na

Tuesday, October 03, 2006

Hebreërs 11:1


Ek is 'n ongelowige gelowige wat tot die slotsom gekom het dat ek glo omdat ek nie weet nie (as ek geweet het, het ek nie nodig gehad om te glo nie), dat geloof nie jou hele lewe lank dieselfde lyk nie, dat geloof soms soos ongeloof voel en dat God gelukkig meer in my glo as wat ek in God glo.

Ek is so bly Dorothy is terug! Sonder haar vergeet ek elke week van PostSecret.

Monday, October 02, 2006

Supersize me!


Sommige dinge is net rég.

BlogAfrikaans.co.za