Friday, June 30, 2006

Jaar in die Son

Koos Kombuis en Valiant Swart sing in dié liedjie:

Dit was 'n moeisame tog deur Namibië
Toe ons besteel is in elke hotel

As ek nog een keer moet hoor dat 'n blikkie koeldrank 4 euro kos, gaan ek skree. Net omdat iets nie onwettig is nie, beteken dit nie dis nie krimineel nie.
Gevolglik het ons maar huis toe gekom.

Monday, June 05, 2006

Pause


Met 'n sak op my rug vertrek ek, Brain en die hoof van die huis Woensdag oggend die wye Europa in. Ek is nie so tegnologies gevorderd dat ek hierdie blog van allerhande draadlose draagbare gedoentes af kan opdateer nie. Gevolglik gaan ons haar eers pause, in die geloof dat sy okay sal wees op haar eie. Kom kuier asb in Julie weer!

Sunday, June 04, 2006

Hartseerderer en hartseerderer

Dit voel soos gister wat ek in 'n sneeubedekte sprokieswêreld aangeland het.


Nou vertrek ek uit 'n sopnat, heldergroen land waar die son nooit ondergaan nie.


Ses maande terug sou ek nooit kon voorspel dat dit vir my so onbeskryflik hartseer sal wees om Swede te verlaat nie. Ek het nog altyd geweet dat die grond van Afrika die bloed is wat deur my are klop. Skandinawië is wonderlik. As ek hier bly, sal my lewe heerlik gemaklik wees - en nie veel beteken nie. Dit is in my eie land waar ek hoort, waar ek saam met my landgenote moet worstel met goed wat simpel en seer en onnodig is, maar wat om lewe en dood toe saak maak.

Dalk, eendag, gaan mense nie meer dood van armoede in ons land nie.
Dalk, eendag, wil ek nie meer terugkom Swede toe nie.

Saturday, June 03, 2006

Vervolg

Wat is die Afrikaans vir "wafer"?

Friday, June 02, 2006

Applous

PD = Passed with distinction

Ek wil net graag dankie sê vir my ma en my pa wat altyd in my geglo het. En die hoof van die huis wat my ondersteun het deur my met 'n stok te slaan wanneer ek lui was en vir my te lag wanneer ek paniekerig was. En my vissies wat vir ses maande met vreemdelinge se geselskap tevrede moes wees. Ek kon dit nie sonder julle gedoen het nie.

Thursday, June 01, 2006

Ek verdedig Vrydag van 10h-13h my paper.

Kliek op die prentjie om dit te vergroot.


Ek het ongelukkig nie 'n clear plastic binder nie. Ek het wel 'n prentjie op die voorblad gesit - die elektroniese weergawe van 'n clear plastic binder.

BlogAfrikaans.co.za