Saturday, April 29, 2006

Klaaglied

My broer het vandag getrou. In Suid-Afrika.
Ek is in Swede.

Friday, April 28, 2006

Unfavourite Movie Moment I


So besluit ek vanaand om maar die 90 krone vir 'n fliek uit te grawe en kyk V for Vendetta. Die poster movie vir "Battered Women Anonymous". Soos dit enige lid van die massas betaam, dink ek ook die toneel waar hulle Big Ben opblaas is wonderlik. Maar "V" martel vir Evey - hy martel haar - soos in torture. En sy reageer deur hom op sy plastiek masker te soen. Sug.

Thursday, April 27, 2006

Yinyang blog


Op die briljante (dog pretensieuse) COI verwys die skrywer na ’n artikel waarin iemand sê bloggers moet die waarheid in die gesig staar: jy gaan nooit daardie novelle skryf nie.
Ek self het geen ambisies om ’n boek te skryf nie (behalwe miskien ’n pink boekie, alla Tannie Maretha). Tog het dit hierdie wonderlike inspirasie-partikel in my kop laat land: ek dink blog is die nuwe novelle. Op eg postmoderne wyse.
Weereens moet ek hier daarop wys dat ek nie veel weet van postmoderne letterkunde nie. My enigste ervaring daarvan is André Letoit se Suidpunt Jazz en iemand anders se Zappi en die kuns van postmoderne studentelewe.
Maar ’n blog is ’n totaal interaktiewe medium met ’n lewe van haar eie, wat groei, ontwikkel, vorm aanneem en soms selfs tragies sterf (gaan spandeer gerus ’n stil minuut by Appel se blog). Soos enige goeie novelle (of sepie) bevat dit gewoonlik intrige, ontknoping, selfs melodrama.
Ek sal nie so ver gaan as om te sê my blog het postmoderne novelle status nie. Daarvoor is daar te veel posts wat geen ander punt, nut of funksie het as gewoon die feit dat dit vir my heerlike plesier verskaf nie (soos bv hierdie een, wat my tone laat krul van lekkerkry).
Ek hou egter van die idee van die blog as die nuwe novelle. Dit laat my slim en erudiet (dankie prof) voel.

[Die prentjie is nie myne nie. Ek het dit gekry op die dikwels vermaaklike, soms pornografiese http://go.funpic.hu]

Wednesday, April 26, 2006

Vir wie dit mag aangaan

My gunsteling condiment:

Jy gooi dit oor alles.
Behalwe koeksisters
En sushi. Daarvoor kry jy wasabi.

Tuesday, April 25, 2006

Laatnag Joernalisme

In my prulle jeug was daar diegene wat gedink het ek het potensiaal. So nooi hulle my (en 'n paar ander potensiëles) na Bloemfontein. Deel van die vermaak was 'n toer van Die Volksblad. Ons kon sien hoe 'n koerant gebore word.
En dit is die somtotaal van my kennis van joernalistiek. O ja, en die wyshede wat my broer, 'n eks-joernalis, kwytraak.
Maar het joernaliste nie sub-editors of iets of iemand wat goed proeflees voordat hulle dit op die voorblad van, sê bv, News24 sit nie?
Two 'cheating' wives murdered bassuin News24 se hoofberrig. En gaan dan voort om ons te vertel van 'n 34-jarige man (34, herhaal hulle, ingeval jy dit die eerste keer gemis het) en 'n vrou wat vermoor is.
Ek is nie van die soort wat dink my span verdien 'n boontjie elke keer as ek 'n fout raaksien nie. Ek verstaan van laat nagte, deadlines, multitasking. Maar ek was regtig onder die indruk dat iemand betaal word om seker te maak dat ek - die niksvermoedende publiek - nie die ressultate van laat nagte, deadlines en multitasking kan raaksien nie. Oh well.

Goodbye and thanks for all the fish

Hier is my Skype Weemee:



Dit is ’n redelik akkurate selfportret (soveel as wat enigiets in hierdie formaat ’n selfportret kan wees. Enigiemand wat my goed ken, sal egter kan sien dat dit ’n selfportret is). Tog is daar diegene – gewoonlik die wat my nie so goed ken nie – wat wil weet hoekom ek dan nie op die aarde is nie? Natuurlik is daar die hele verbintenis wat vroue met die maan het, asook ’n vae oorblyfsel van my Wiccan dae.

Maar dis hoofsaaklik omdat ek glo ek is op die verkeerde planeet gebore. Of dalk die regte planeet, maar die verkeerde era. Ek kan eenvoudig nie aanvaar dat die inwoners van hierdie planeet moet wees soos wat ons is nie.

Nataniël het ’n kortverhaal geskryf wat nog altyd diep tot my spreek. As ek nou in SA was, kon ek mooi gaan soek wat die storie se titel is en presies hoe dit verloop. Maar op die internet vind mens net plagiatiese platvloersismes wat aan Nataniël toegedig word. Elkgeval, die kortverhaal: dit gaan oor iemand wat van geboorte af gevoel het hy hoort nie tussen hierdie mense nie. So ontdek hy eendag ’n kelder in die winkel waar hy werk. Hy koop massas blikkies tuna en trek in die kelder in, om daar sy lewe te spandeer, weg van die wêreld wat so wreed is, waar hy eenvoudig nie inpas nie. Lank daarna lei die reuk van tuna daartoe dat iemand hom vind. En nog iemand in die winkel oorkant die straat. En nog iemand in die winkel in die pad af. En nog iemand...

Hier is ek nou in Swede. In die stad wat al twee keer die prys gewen het vir die mees gay-vriendelike stad in Swede. Sekerlik so na aan die hemel as wat mens op aarde kan vind, hier net onder die Arktiese Sirkel. Behalwe...
Hier, in Swede, het ek al rassisme (teenoor die Sami), xenofobie, homofobie en (my persoonlike gunsteling) seksisme teegekom. In Swede, damnit! Is daar dan géén plek op hierdie planeet (behalwe ’n kelder onder in ’n winkel) waar mense veilig is van mekaar nie?

Lank lank gelede het ek een van die briljantste flieks van alle tye gesien: Love and Human Remains. Dit is die fliek waarin o.a. die volgende gesprek plaasvind:
“I have never met someone born after 1980 who wasn’t seriously fucked up.”
“Why do you think that is?”
“Microwave ovens, I think.”
In ’n ander gesprek oor hoekom die wêreld so verkeerd is, teoretiseer iemand dat dit Chernobil se skuld is.
“No, I think it’s the Christians,” antwoord sy vriend.

Monday, April 24, 2006

Wat ek die naweek gedoen het. Nr 3981.4

Geslaap.

Want ek kan.

Hahahahahahahahahahahaha

Sunday, April 23, 2006

Stating the Obvious

"What are we going to do tonight, Brain?"
"Same thing we do every night Pinky. Try to take over the world."

Saturday, April 22, 2006

Favourite Movie Moment II


Fliek: Pirates of the Caribbean
Toneel: Die eerste keer wat ons vir Captain Jack Sparrow sien. Hy kom die hawe ingeseil, trots, fier en regop op sy boot se mas. Dan kyk hy af... spring van die mas af en begin water uit die boot gooi. Die laaste entjie tot by die pier staan hy weer op die mas, onkreukbaar [bestaan daar so 'n woord en wat beteken dit nou weer?], totdat hy van die sinkende skip afklim sonder om 'n oog te knip.

Friday, April 21, 2006

Die Skandes van die Onderbewussyn

Ek het reeds in 'n vorige post verwys na my drome. So droom ek 'n paar nagte gelede van die volgende produk:

(Hierdie is nie 'n akkurate weergawe van die verpakking nie. Dis die beste wat ek met MS Photodraw kon doen.)

Monkey Ass Beedis (ass nogal, nie eers arse nie).
Jy rook hierdie handige beedi's wanneer jy regtige warm, spicy kos geëet het. Dit maak die tweede rondte heerlik koel en gemaklik.
Nou wat, vra ek jou, wát laat my so iets droom?

Thursday, April 20, 2006

Einde

Maar in my hart is daar geen smart meer -
ek het die sweeties na binne gestuur.

Wednesday, April 19, 2006

Vir prof

'n Meer:

'n Ander meer in die lente:
'n Foto wat vriend David van sy takbokke geneem het:

Tuesday, April 18, 2006

Egg Salad Sandwich

Ek besef hoe gevaarlik my odes aan naweke kan wees. Ek herinner myself aanmekaar aan die toneel uit The 40 Year Old Vigin waar hy sy naweek – en sy poging om ’n egg salad sandwich te maak – beskryf. Maar:

Ek het hierdie naweek:

Kerk toe gegaan (drie keer, want dit was Paasnaweek);
Gesauna* (twee keer);
Heerlike forel geëet;
In die stad rondgedrentel;
Heerlike gegeurde tee, met roosblare en moerbeie, gekoop;
Saam met mense van Libanon, Indië, Nigerië en Ghana gekuier;
Die See van Bothnia besoek (dis deel van die Baltiese see); ’n Gevriesde see gesien!
Piekniek gehou in die sneeu by die see.
Ninnies afgevries**.

*Die foto het, om voor die hand liggende redes, nie mense by nie.
**Aangesien niemand my nog kon antwoord oor die ninnies nie, en aangesien ek my ninnies afgevries het.

Sunday, April 16, 2006

Dís mos hoe mens Paasfees vier

Vergeet van nare marshmallow eiers. Dís hoe mens Paasfees vier: met 'n paaseier vol lekkernye wat 'n geliefde vir jou persent gee. God Päsk!

Saturday, April 15, 2006

Holy Indifference

Goeie Vrydag. Ek sit in ’n kerk in Swede. Dis lank, vervelig en geen enkele woord daarvan maak vir my sin nie. Dejá vu.
Om die tyd te verwyl, sit en lees ek ’n boekie oor die “Pearls of Life” (gebedskrale). En daar beleef ek serendipity:
Ek het nog altyd gedink die idee van swaarkry wat deel is van godsdiens, is effens siek. Soos die storie wat ek op skool gehoor het, van drie vroue wat êrens gaan sendingwerk doen het. Die bose pagans het duidelik nie gehou van hul boodskap nie, so die vrouens is in ’n put gegooi, net groot genoeg vir al drie om te staan. Daar het hulle vir dae lank gestaan en lofliedere sing, terwyl hul voete begin vrot in die water onder in die put. Ek vermoed die storie het een of ander gelukkige einde gehad, met ’n morele lessie om saam huis toe te neem. Maar ek kon nie verby die lofliedere terwyl jou voete vrot kom nie.
Dan is daar natuurlik ook nog die “aartappelskille” storie. Die een keer wat ek probeer het om Radio Kansel te luister, word ek onderwerp aan ’n vrou se getuienis: “En ons was so dankbaar vir die aaaaartappelskille”.
Nou, ek kan aanvoel dat daar op ’n manier, êrens diep onder die foei-tog-arme-kind-van-die-Here sindroom, iets van die waarheid skuil. Maar dit bly deeglik buite my bereik.
Wat my bring by die Pearls of Life, en meer spesifiek, die vierde kraletjie: die “pearl of practice”, wat insluit “ascetism, trial, tribulation”. Practice. Hmmm. Nou dít maak vir my sin.
Net na practice, is die kraletjie van “serenity” - dit wat die vroeë kerk soms “holy indifference” genoem het. “This is the reward, true freedom. It is as if nothing depended on me. This is courage and passion.”
Holy indifference. Wat ’n wonderlike dissipline! Definitief een wat ek gaan inoefen vir die volgende jaar (of 10).

Friday, April 14, 2006

'nuff said

Ek wil regtig nie graag kerke op my blog adverteer nie en hierdie is juis 'n stuk onbeskaamde proselietmakery. Maar sjoe, wat 'n briljante ad!

Performance Anxiety

Ek het lesers! (Amper soos Laerskool Worcester-Oos se leuse: “Ons het kinders”.) Verby is die dae wat ek soos ’n kranksinnige net met myself gepraat het.
Maar ek is nog nie seker hoe ek voel oor die idee van lesers hê nie. Want nou dat ek hulle het, moet ek hulle sekerlik hou ook. Wat as mense nie meer my blog wil lees nie? Wat as hulle dink dis vervelig? Wat as hulle dink dis voorspelbaar? Wat as hulle niks dink nie?
Oh, the pressure!
Ek gaan maak maar liewer vir my ’n koppie chai. Dit klink ten minste gesofistikeerd.

Thursday, April 13, 2006

Favourite Movie Moment I*


Fliek: Tank Girl
Toneel: Net nadat die soldate haar gevang het, terwyl hulle besig is om haar in ’n trok na die bad guy te vervoer, probeer een van die soldate vir Tank Girl verkrag. Sy breek sy nek met haar bene. Al die ander soldate spring onmiddelik op, haal hul gewere oor en rig dit in haar gesig. Sy reageer met die onskuldigste uitdrukking wat jy in jou lewe nog gesien het: “What?”



*Ter wille van kontinuiteit het ek besluit om weekliks ’n “favourite movie moment” te post (nie noodwendig in enige spesifieke volgorde nie).

Wednesday, April 12, 2006

People r people

It was funny how people were people everywhere you went, even if the people concerned weren't the people the people who made up the phrase "people are people everywhere" had traditionally thought of as people. (Terry Pratchett in The Fith Elephant)
  • Mense op die platteland is altyd vriendelik, gasvry, gereed met skindernuus om te deel - of jy nou in die Noord Kaap of in die Noorde van Swede is.
  • Tieners is altyd obnoxious brats, of hulle nou Afrikaans, Engels, Xhosa of Sweeds praat.
  • Die mense van die noorde van 'n land sal altyd sê die mense van die suide kan nie bestuur nie/ ken nie regte koue nie.

Tuesday, April 11, 2006

Ninnies

Goed. Nou is daar diegene wat beweer dat ek nie my ninnies kan afvries nie, aangesien ek nie ninnies het nie. Gmph.
Kan vrouens nie hul ninnies afvries nie?
Wat is ninnies in elkgeval?

May the Weekend be with you

Die god van naweke het weereens oor my lewe geglimlag. Ter ere dus van die wonder van naweke, nóg 'n verslag getiteld "wat ek die naweek gedoen het":

Sondag:
Tot by my middellyf toe in die sneeu vasgesit, soveel so dat ek uitgegrawe moes word.
Met 'n snowmobile rondgejaag in die Sweedse wildernis, op soek na takbokke. Hout gekap, vuur gemaak en vleis gebraai (op die Sweedse manier: poloni op 'n stokkie) in die sneeu, tussen die takbokke. Giftige sampioene geëet (drie keer gekook, water elke keer afgegooi). Njammies.

Maandag:
Geski (maw geval en gekyk hoe 3-4 jarige kindertjies op ski's verbyjaag). Op 'n plastiek matras by 'n heuwel afgejaag.
Byna my nek gebreek.
Gedroogde takbok hart geëet (bleg).
Tradisionele Sami brood gebak in 'n communal wood-fired oond. Sneeuman gebou. Gekyk hoe die son ondergaan. Ninnies afgevries.

Saturday, April 08, 2006

Onderdrukker

Ons vertrek later vandag Arjeplog toe om tot Dinsdag by ons Sami vriend David Palopää te gaan kuier.


Die Sami is die indigenous peoples van die Noorde van hierdie kant van die aardbol: Swede, Noorweë, Finland en Rusland. Hoe meer ek uitvind van die Sami se struggles hier in Swede, hoe meer begin ek wonder: is daar enige land in die wêreld wat nie 'n indigenous people het wat (êrens in die verlede, of nog steeds) deur kolonialiste onderdruk word nie? Ek meen, Swede!


Friday, April 07, 2006

Blieg

Blog blog bloggedy blog. Wat ’n wonderlike ding is ’n weblog nie! Vir wat het ek nie lánkal al gekliek van blogs nie? Daar wonder ek nog wat het van IRC geword, dag almal IM nou. Intussen blog die hele wêreld rustig agter my rug. Dit het natuurlik voor en nadele, hierdie vorm van een-rigting kommunikasie wat so maklik in ongebreidelde narcissisme kan ontaard. En duidelik net so verslawend as IRC kan wees. (Wie van julle onthou nog die dae? “Hallo, my naam is Maere en ek chat op die internet. My rock bottom was ’n R2000 telefoonrekening. Maar ek het nie geweet Kersdag is nie Call More tyd of dat internet op Jy-weet-waar ’n hooflyn oproep is nie!” Okay, dalk het ek laasgenoemde geweet.)

Volgens Koos Kombuis is die Afrikaans vir blog "blieg"- iets tussen "bieg" en "lieg".

Thursday, April 06, 2006

Sy't obviously gesoek daarvoor

Chris Roper skryf:
According to my trusty News24 site, in his testimony at what the white-owned Mbeki-controlled media still insists on calling a "rape" trial, "Zuma said the woman had never visited him wearing a skirt before. On the night of the alleged rape, she had arrived wearing a knee-length skirt. 'When she came to me in a skirt... well, it told me something,' he said."

I am sympathetic to other cultures, I really am, but I should just point out that in my culture it was traditional to think of black people as inferior and vaguely smelly, and we've managed to get over that pretty well. Is it too much to ask that cultures (and I include my culture in this) get over the apparently entrenched idea that women with knees are asking for sex?

Gaan lees sy volledige kommentaar hier.

Ander juweeltjies uit die Zuma pantomime, soos berig deur News24:
  • "If a man sees a woman in a G-string, he deserves to rape her."
  • He said it was his lay understanding that one could not contract the disease just from having sex with a woman. (Kan dit 'n vorige voorsitter van die Aids Council wees wat so praat?!)

Well, duidelik is "geslagsgelykheid" glad nie 'n probleem in SA nie.

Resistance is futile!


There are people who, when you spend time with them, fill you up with ideas and energy and vision. After being with them for only a short while, you feel ready to conquer the world.
But… there are also people who are energy-vampires, leaches that suck the energy and life and vision and hope right out of you. Spending time with them is like having the bathplug pulled out of your life, having to watch helplessly while your energy gurgles down the drain with a sickening slurp.
These people tend to levitate toward priests/ministers/pastors/reverends/just plain ol’ dominees like flies to a corpse.
Problem is, if you are a priest or minister or pastor or reverend or just plain ol’ dominee, you can’t scream at them: “Go away! I’m not a corpse!” Noooo. You have to smile while the energy is being drained out of you, like a bad science fiction movie.
Until you have been assimilated, until you too become a sucker of life (which, obviously, you already were, since you are a priest/minister/pastor/reverend/just plain ol’ dominee. Sucker!) Until you too start sucking the life out of unsuspecting internet surfers who just happen to read your blog.
Resistance is futile!

Wednesday, April 05, 2006

Intelektuele Masturbasie

Op hierdie blog word die tergende vraag gevra: is masturbasie sonde?
Wat my toe nou weer van voor af laat dink het aan (die sonde – of dan nou nie - van) intelektuele masturbasie. Dis wat ek, en duisende ander mense, elke dag doen. Dis baie lekker, maar dit maak eenvoudig nie saak nie! Lewer geen positiewe bydrae wat enigiemand anders verstaan nie (behalwe 'n elite groep mede-masturbiste).
Nimlike dag wat 'n prof vir my gesê het: "Jy doen jou D om die respek van die akademiese gemeenskap te kry." Huh? Hoekom wil ek dit hê? Groepsmasturbasie.
Ek doen my D want ek wil van die wêreld 'n beter plek maak, damnit!

Tuesday, April 04, 2006

Is it a bird? Is it a plane? No, it's a Waldorf School!

Môre gaan ons weer vir die kinnertjies by die Waldorf skool vertel hoekom SA kewl is. Laas wat ons daar was, vra ek wat maak 'n Waldorf skool beter as 'n gewone skool. Die antwoord? "It's a Waldorf." Nou ja. Stry nou met sulke logika.

Army

Die Sweedse weermag gebruik 'n doilie vir camouflage


Monday, April 03, 2006

Wat ek die naweek gedoen het

Naweek naweek. Wonderlike naweek. Wie het dit uitgevind? Naweke is die beste goed - lekkerder as chocolate, beter as dans. Ek kan steeds nie daaroor kom dat daar mense is wat gereeld naweke het nie. Wat ’n geseënde lewe! Einde van die week, en hier kom... naweek!

Dus, wat ek hierdie naweek gedoen het:
Saterdag:
laat geslaap;
buskaartjie vir volgende naweek se trip Arjeplog toe gaan koop;
in die stad rond gedrentel;
allerhande tweedehandse winkeltjies besoek;
honderde foto’s geneem;
ander mense se innoverende blogs gelees
en uitgegaan vir pizza.

Sondag:
laat geslaap;
in middellyf-diep sneeu gaan stap;
met ’n slee gery;
heerlike SA rooiwyn gedrink;
die voordeur in my longjohns oopgemaak (ek het vergeet my broek hang oor die verwarmer om droog te word)
en vroeg in die bed geklim (nie saam met die man vir wie ek die voordeur oopgemaak het in my onderklere nie; wel saam met die man wat byna ’n breuk gekry het soos wat hy gelag het.)

Sunday, April 02, 2006

Nou verstaan ek!


My lewe is 'n reis na wysheid. Wat net mooi niks te doen het met grysheid nie, besef ek nou net weer toe die ek die volgende hier raak lees:


"Ek weet julle dink dis gesond om saam deur hierdie goed te werk maar ek het nou uiteindelik besef dat dit nie waar is nie. As ons die heeltyd probeer om mekaar te verstaan is dit asof ek met twee middeljarige beoordelaars in my kop deur die lewe gaan..." (My kursivering.)


Dis 'n 19 jarige se woorde aan haar ouers. Wow. Dat ek nou eers in my een-en-dertigste lewensjaar hierdie wysheid moet raakloop!

Saturday, April 01, 2006

Waar's my blog?

Kan enigiemand vir my sê hoekom daar niks - N.I.K.S. - op my blog was toe ek dit vroeër wou oopmaak nie? En hoekom ek dit drie keer - drie keer! - heeltemal oor moes publish voordat mens enigiets kon sien? Huh? Huh?

En wat is die Afrikaans vir Black Hole?

Drome op snooze

'n Vlak post om op te maak vir die corny titel.

Ek droom altyd vreeslik interessante drome - soos goed uitgewerkte draaiboeke, met storielyn, opbou, ontknoping en al die ander fênsie literêre terme wat ek nie ken nie. Die spanning bou op, mens kan nie wag om te sien hoe die droom gaan eindig nie, en dan nét op die punt van die ontknoping, lui die wekker. En jy weet: die einde van hierdie droom is vir altyd buite jou bereik. Selfs al druk jy die snooze knoppie en slaap verder in die hoop dat die droom sal aangaan waar dit opgehou het. Dit gebeur nie.

Ek het eendag, lank lank gele'e, 'n storie op TV gesien oor demone wat mense van die Regte Weg af probeer verlei. Een van die demone vertel dat wekkers se snooze-knoppies deur die duiwel ontwerp is.

BlogAfrikaans.co.za